Leesplan inligting

Bekommernis oor NiksVoorbeeld

Worry for Nothing

DAG 1 VAN 3

Hoekom jou bekommer?


Ons almal ervaar bekommernis op een of ander stadium in ons lewens, nie waar nie? 'n Onverwagte rekening waarvoor ons nie begroot het nie kom onderdeur die deur, en ons bekommer ons oor hoe dit betaal gaan word.


'n Geliefde daag 'n halfuur later op as wat jy die persoon verwag het en jy bring die hele wagtyd in bekommernis deur en wonder of iets gebeur het.


Jou kind gaan vir die eerste keer kleuterskool toe en jy bring die hele dag deur om jou daaroor te verknies of jou kind goed aanpas en sy voete vind.


Ons almal beleef oomblikke wanneer ons oorweldig voel en nie meer alles kan balanseer wat in ons lewens buite beheer tol nie. Ons wend ons na bekommernis terwyl ons probeer vasstel hoe om 'n sekere probleem of saak op te los, dikwels sonder om eers ons toevlug na die Bron te neem.


Dit is nie verkeerd om om te gee nie — ons het almal dinge waarvoor ons omgee — en dit is goed. Wanneer omgee egter oorgaan in bekommernis, steel dit ons vreugde en vernietig ons lewensenergie.


Raak stil en lees vandag se verse wat voorkom in Matteus 6:25-34.


Matteus begin deur die lewensmiddele op te noem wat ons nodig het — kos, drank en klere.


Ons weet dit. Matteus weet dit. God weet dit!


Ons kan verseker wees dat God bewus is van wat ons nodig het om van te lewe en dat Hy planne het om dit te voorsien.


Matteus illustreer dit dan deur daarop te wys dat selfs die wilde voëls in die lug daagliks op die Vader se voorsiening vertrou. Hulle vlieg nie in bekommernis rond terwyl hulle wonder waar hul volgende maaltyd vandaan sal kom nie, of waar hulle hulle neste gaan bou nie — dit word ryklik deur God in die natuur aan hulle voorsien.


Kan ons enigiets met ons kommer bereik? Of dreineer dit ons lewensvreugde?


Matteus voeg by dat die veldlelies beter geklee is as wat ons ooit sou kon begeer, selfs al word hulle aan die einde van die dag weggegooi. Hoe oneindig meer waardevol is ons vir God in vergeleke met hulle! Onthou dit wanneer jy weer bekommerd is. Hy het jou lief en om gee oor dit wat jy nodig het. Hy gee ook om oor wat jy wil hê! God ken die begeertes van ons harte asook ons behoeftes.


Vriende, hoe kan ons in 'n verloregaande, soekende wêreld anders wees as diegene wat God nog nie ken nie, as ons ons lewens deurbring om oor dieselfde dinge as hulle bekommerd te wees? Ons moet bekommernis weerstaan en eerder om vrede veg.


Kyk na wat God doen in plaas van jou eie dinge en Hy sal na die res omsien. Lewe volgens sy weë en Hy sal aan jou alles voorsien wat jy nodig het.


Moenie oor die toekoms bekommerd wees nie, vertrou dat God weet wat Hy vir jou beplan (sien Jeremia 29:11) en dit is genoeg.


Volgende Stappe


Memoriseer Jeremia 29:11.


Wanneer jy in die versoeking kom om bekommerd te wees, dra dan hierdie vers vir jouself voor — sê dit hardop of in jou hart.


Herinner jouself dat God weet wat Hy vir jou lewe beplan! Wees rustig in hierdie wete.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Worry for Nothing

Bekommernis is 'n dief wat ons tyd, energie en vrede steel. Waarom bekommer ons ons dan? In hierdie 3-dag leesplan, gaan ons na bekommernis kyk, waarom ons ons bekommer en hoe ons daarmee kan ophou.

Ons wil graag CBN Europe bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cbneurope.com/yv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid