Leesplan inligting

In Diens Van Jesus, in Diens Van AnderVoorbeeld

In Diens Van Jesus, in Diens Van Ander

DAG 5 VAN 5

Agtertoe en Vorentoe


Leierskap is nie maar net titels, posisies, plekke of ’n status is nie. Leierskap is iets wat ek, as ’n geroepene van Christus, doen.


Die eerste belangrike rol wat ’n leier het, is sy of haar verantwoordelikheid om mense te help om terug te kyk oor hul lewe en hulle aanspreeklik te hou. Deur saam met hulle terug te kyk, kan hulle leer en groei uit die foute en suksesse van die verlede. Die Bybel sê ook dat God ons eendag op dieselfde manier aanspreeklik gaan hou vir hoe ons die talente en vaardighede wat Hy vir ons gegee het, gebruik het. 


Die volgende groot leierskapsrol is om mense op die pad vorentoe te help, te lei en te motiveer. Jy moet vir iemand vra: “Hoe lyk die storie wat jy graag vir die Here wil skryf. Hoe kan ek jou help? Wat het jy nodig vir die volgende fase van jou reis?” ’n Visie vir die toekoms is van onskatbare waarde; deur ’n prentjie te vorm van waarheen jy op pad is, kan jy beter maniere kry om dit te bereik.


Die derde rol is sekerlik die uitdagendste. Dit is om met wysheid op te tree. Hierdie wysheid is baie meer as bloot “kennis”. Dit is ’n dieper begrip van God en die lewe, asook onderskeidingsvermoë en respek. Ons kort wyse leiers wat weer met wysheid “besigheid doen”. Wat vir ander mense leer om te onderskei, hoe om hulle mond te beheer, hoe om te dink, hoe om hulle plek te ken voor God en tussen ander, hoe om respekvol te leef, hoe om wat op die regte tye te sê en wanneer om stil te bly. 


’n Leier is daar om mense te help. Jy moet mense help om terug te kyk op hulle lewensverhaal sodat hulle daaruit kan leer. Daarna kan jy vir hulle sê: “Kom ek help jou om in die naam van die Here ’n treffende verhaal met jou lewe vorentoe te skryf.” En dit alles moet met wysheid gedoen word sodat hulle ook eendag wysheid verder kan aangee. Wanneer jy mense op hierdie manier help, bemagtig jy hulle om self meer te doen en beter te wees.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

In Diens Van Jesus, in Diens Van Ander

In hierdie 5-dag leesplan praat Stephan Joubert oor die ware aard van leierskap. Hy fokus veral op diens aan ander en hoe leiers ander kan help om die wêreld te sien en te verstaan, om die verlede te evalueer en om vir d...

More

Ons wil graag RightNow Media South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.rightnowmedia.org/za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid