Leesplan inligting

In Diens Van Jesus, in Diens Van AnderVoorbeeld

In Diens Van Jesus, in Diens Van Ander

DAG 2 VAN 5

Hoe sien jy die wêreld?


Die Amerikaanse leierskapskenner Max De Pree het gesê: “The first responsibility of a leader is to define reality for his or her followers.” En dit is eintlik waaroor leierskap gaan – om die werklikheid te definieer. Om die werklikheid verstaanbaar te maak. 


Kom ons staan vandag by Paulus stil. Die groot apostel. Weet jy wat Paulus gedoen het? Hy het gelowiges se wêreldbeeld vir hulle gedefinieer. Hy het vir mense vier dinge kom wys om hulle te help om die werklikheid deur die oë van die Here te verstaan. 


Hy leer hulle van die KRUIS. Hy sê keer op keer: “Ek is saam met Christus gekruisig.” In 1 Korintiërs 2:2 sê hy: “Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde.” Hy leer Christene om deur die kruis na hulle lewe te kyk. Hy leer hulle om te onthou: Agter my is die kruis, en die skaduwee van die kruis val oor my lewe.


Tweedens leer Paulus vir mense: “Kyk op!” Bokant my is daar ’n TROON; ’n troon van genade. En hierdie troon is die troon van Christus. Romeine 8:34 sê, Christus is aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons. Wie kan ons veroordeel? Paulus sê met ander woorde: Wanneer jy alleen is, wanneer jy in ’n krisis is, wanneer jy in die moeilikheid is, dan sien jy Christus bokant jou. 


Dan kom Paulus by KROON: “Voor my is daar ’n kroon.” In 2 Timoteus 4:7-8 sê hy vir die Christene: “Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop gehardloop. Ek gaan dit enduit klaarmaak, dan wag die oorwinningskroon by Christus op my, en op elkeen wat in Hom glo.” Hy herinner Christene dat hul lyding gering is, en ook sal verbygaan (2 Korintiërs 4:16). Ons moet ons oog op die prys hou wat op ons wag: die ewige lewe.


Dan kom Paulus by TEMPEL: Ek is ’n tempel van die Heilige Gees. Paulus sê dit oor en oor. Hy wil vir Christene sê dat hulle “onder nuwe bestuur” is en as’t ware “under permanent construction”. Die Here is besig om iets nuuts met my te maak. Ek is ’n tempel. Daar is nie plek vir allerhande vieslike sondes nie. 


As leier het Paulus mense gehelp om die werklikheid deur die oë van die Here te verstaan sodat hulle altyd kon vashou aan God se verlossing, genade, belofte van ’n ewige lewe en sy teenwoordigheid in hul lewe op aarde. Dit is ook ons verantwoordelikheid as leiers om binne hierdie wêreldbeeld te leef en dit vir ander te leer.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

In Diens Van Jesus, in Diens Van Ander

In hierdie 5-dag leesplan praat Stephan Joubert oor die ware aard van leierskap. Hy fokus veral op diens aan ander en hoe leiers ander kan help om die wêreld te sien en te verstaan, om die verlede te evalueer en om vir d...

More

Ons wil graag RightNow Media South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.rightnowmedia.org/za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid