Leesplan inligting

In Diens Van Jesus, in Diens Van AnderVoorbeeld

In Diens Van Jesus, in Diens Van Ander

DAG 1 VAN 5

Wat is leierskap (nie)?  


Leierskap is, soos wat ’n Engelse vriend van my sê, ’n bietjie “overated”. Dit is “cool”, dit is die in-ding om jouself as ’n leier te identifiseer. En tog is daar baie misverstande rondom leierskap.


Dis heel eerste belangrik om te onthou dat leierskap nie oor daardie drie gewilde persone “Me, Myself and I” gaan nie. Leierskap gaan oor ander. Oor hoe ek hulle kan dien. Leiers is mense wat ander mense dien en wat God daardeur verheerlik. 


Dit is nie so dat leierskap in die eerste plek ’n posisie of ’n titel of amp in die kerk is nie. Dit is nie asof jy maar net bevorder kan word van ’n nie-leier tot ’n leier nie. Natuurlik gebeur dit, maar egte leierskap is nie in die eerste plek ’n identiteit nie. Dit is nie my identiteit om ’n leier te wees nie, want as ek dan die posisie van ’n leier verloor, dan is my identiteit ook daarmee heen. 


Leierskap is ’n funksie. My identiteit as ’n Christen is om ’n volgeling van Jesus te wees. My funksie, vir sommige van ons, is om ’n leier te wees. En ’n leier is iemand wat opgekommandeer word, opgeroep word. In Engels sal ons sê: “I’ve been summoned.” En die meeste ouens in die Bybel, wanneer hulle “opgekommandeer” word tot leierskap, is baie, baie versigtig om ja te sê. Dink aan Moses – sy eerste verskoning vir die Here is hy’s te oud, hy’s tagtig, hy’s op pensioen, hy het afgetree, hy wou skapies oppas! Hy wou nie ’n volk uit Egipte lei nie. En boonop het hy nog ’n spraakprobleem ook gehad. Jeremia voel weer hy is te jonk! Gideon sê hy twyfel ’n bietjie en hy is nie belangrik genoeg nie. Maar die kort en die lank is, leierskap is ’n funksie. Daarom kan enige iemand wat deur die Here opgekommandeer word vir ’n taak, leierskap doen en moet leierskap doen. Op die ou end is dit daardie mense wat die opdrag van die Here aanvaar wat lei.


Dit is beslis so dat party mense ’n natuurlike leierskapsvaardigheid en -vermoë het en ander nie. Maar wanneer die Here op jou knoppie druk in ’n situasie en van jou verwag om iets te doen, moet jy aanmeld as ’n leier. Jy kan ook altyd weet Hy is daar om jou deur die proses te lei. 


Sal jy opstaan wanneer die Here God van jou vra: “Kom lei my mense”? 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

In Diens Van Jesus, in Diens Van Ander

In hierdie 5-dag leesplan praat Stephan Joubert oor die ware aard van leierskap. Hy fokus veral op diens aan ander en hoe leiers ander kan help om die wêreld te sien en te verstaan, om die verlede te evalueer en om vir d...

More

Ons wil graag RightNow Media South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.rightnowmedia.org/za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid