Leesplan inligting

Lewe Veranderd: Wanneer Jy Enkellopend IsVoorbeeld

Living Changed: When You’re Single

DAG 4 VAN 5

Reinheid


In Christelike kringe, word die gonswoord reinheid hoofsaaklik in terme van enkellopende mans en vroue gebruik. Ons word aangemoedig om "tot die huwelik rein te bly," wat daarop neerkom dat seks eers in die huwelik kan plaasvind. Reinheid strek egter verder as seks. Dit hou nie op wanneer 'n paartjie trou nie, en jy het ook nie net een kans om rein te wees nie. Reinheid is vir God oneindig belangrik, maar baie mense verstaan die begrip van reinheid heeltemal verkeerd.



Dit het vir my gevoel, as gevolg van die molestering in my kinderjare, dat my reinheid van my gesteel is. Ek was skaam daaroor en het dit bevraagteken wie my ooit sou wou hê. Wat ek egter oorspronklik oor reinheid verstaan het was verkeerd. Ons word egter nie tot 'n lewe van maagdelikheid geroep nie. Ons is tot 'n lewe van reinheid geroep. Maagdelikheid fokus op ons dade en word dikwels betwis, terwyl reinheid op ons harte fokus en dit word glad nie betwis nie. Reinheid is 'n toestand van die hart.



Regdeur die Bybel word na die hart verwys in verhouding met ons motiewe en dade. In Psalm 51, smeek Dawid vir God om vir hom 'n rein hart te skep na sy egbreuk met Batseba en haar man wat hy laat doodmaak het. In Lukas verwys Jesus na ons harte as die bron van goed en kwaad. Ook in Matteus sê Hy as jy iemand begeer, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg. Terwyl die samelewing hoofsaaklik op dade fokus, is Christus se fokus op ons harte.  



Dalk voel jy dat jy verkeerd gedoen het. Dalk het jy jou maagdelikheid buite die huwelik verloor. Dalk glo jy die leuen dat jy so ver heen is, weens die trauma wat jy ervaar het, dat niemand jou sal wil hê nie. Daar is egter verlossing en herstel in die Naam van Jesus. 



Christus het gekom om jou vry te skeld van alle skaamte, skuld en veroordeling. Met die hulp van sy krag en Gees wat jou lei, kan jy kies om ongeag jou verlede, 'n lewe van reinheid te lei. Jy kan kies om vandag en ver verby jou huwelik, vir God en jou toekomstige huweliksmaat met 'n rein lewe te vereer. Jy kan vandag 'n streep trek en hiervandaan vorentoe sê: 



Ek kies om 'n rein lewe te lei, beide sedelik en moreel. Ek sal nie by iemand anders as my huweliksmaat wees of 'n ander begeer nie. My hart en die woorde en dade wat my voorneme bepaal, sal lewegewend wees en nie om lewe te neem nie. Ek glo wat Jesus aan die kruis gedoen het, laat my toe om 'n onberispelike lewe te leef. Ek sal oor my hart waak. Ek sal my denke hernu. In die Naam van Jesus. 



Dit is wat 'n lewe van reinheid beteken en jy kan dit ook doen. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: When You’re Single

Ons het almal verwagtinge van hoe ons lewens moet wees. Dalk het jy verwag om teen hierdie tyd al getroud te wees, maar in plaas daarvan is jy nou eensaam, verlore of sonder hoop. Die waarheid is egter dat jy nie getroud...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid