Leesplan inligting

Lewe Veranderd: Wanneer Jy Enkellopend IsVoorbeeld

Living Changed: When You’re Single

DAG 1 VAN 5

Identiteit


Wanneer ons klein is, het ons almal verwagtinge watter beroep ons wil volg, hoe ons lewens sal wees en hoe lank dit sal neem om daar uit te kom. As jong volwassenes word ons voorgesê om "onsself eers te vind voordat ons gevestig raak" en "dis alles reg as dit 'n rukkie duur om daar uit te kom". Dit voel of die tyd sommer gou verbygaan. Dan word dit onaanvaarbaar om nog enkellopend te wees, en as gevolg van ons verhoudingstatus, word ons as minderwaardig geag.



In my vroeë twintigerjare was my wens dat my verhoudingstatus voor die einde van die dekade van enkellopend tot getroud moes verander. Ek het gevoel ek sou nie volkome vrou wees, professioneel, volwasse en selfs nie volkome Christen wees as ek my dertigerjare as enkellopend sou binnegaan nie. Ek het myself pootuit gesukkel om aan die veranderende verwagtinge van die wêreld te voldoen.



Op daardie stadium het ek nie besef ek laat eintlik die samelewing toe om my identiteit te bepaal nie. As die samelewing sê ek is minderwaardig as ongetroude vrou, het ek dit geglo. As die samelewing sê dat ware volwassenheid eers bereik word as jy getroud is en kinders het, dan het ek dit ondersteun. Toe al hierdie dinge nie binne die samelewing se tydsduur daarvoor met my gebeur nie, het ek leeg, waardeloos, sonder hoop en skaam gevoel. Dit het vir my gevoel ek het niks om aan ander te bied nie omdat my verhoudingstatus enkellopend was. 



Toe het ek geleer wat God oor my in sy Woord sê en ek het gekies om dit te glo. Hy noem my waardig, uitverkies en sy kind wat Hy innig liefhet. Deur te tree in wat God van my sê, het alles verander. My lewe het nie meer daaruit bestaan om aan ander se verwagtinge te voldoen nie. Ek het my lewe aanvaar volgens wat God sê wie ek is en om sy weg vir my lewe te volg. Vandag berus my identiteit in die Een wat my geskep het, nie in my verhoudingstatus nie. As 'n enkellopende vrou in my dertigs, weet ek dat ek waardevol is omdat God so sê en dis genoeg vir my. 



Om enkellopend te wees, is 'n etiket wat die wêreld voorhou, en dis nie 'n aanduiding van wie jy is of van jou waarde nie. Die Woord van God sê jy is 'n meesterstuk, geskape na sy beeld. Jy is doelbewus en met 'n doel geskep. Jy is nie onvolledig sonder 'n huweliksmaat nie en jy kan 'n blywende impak vir God se koninkryk maak, ongeag van jou verhoudingstatus. Jy is uitverkies. Jy is waardevol. Jy is kosbaar vir God. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: When You’re Single

Ons het almal verwagtinge van hoe ons lewens moet wees. Dalk het jy verwag om teen hierdie tyd al getroud te wees, maar in plaas daarvan is jy nou eensaam, verlore of sonder hoop. Die waarheid is egter dat jy nie getroud...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid