Leesplan inligting

Lewe Veranderd: Wanneer Jy Enkellopend IsVoorbeeld

Living Changed: When You’re Single

DAG 2 VAN 5

Vergifnis


As 'n enkellopende volwassene, voel jy dikwels soos 'n uitgeworpene. Mense vra soms waarom jy nog enkellopend is asof daar iets met jou verkeerd is. Alhoewel daar niks verkeerd is om enkellopend te wees nie, is enkellopendes dikwels meesters om aan pyn vas te hou en mense van hulle af weg te stoot. Ons moet egter leer om te vergewe as ons suksesvolle verhoudinge wil hê.



Ek weet hoe dit is om almal uit te sluit as gevolg van pyn uit die verlede. Ek is op sesjarige ouderdom seksueel gemolesteer. Ek het die leuen geglo dat dit my skuld was en het vuil, beskadig en onwaardig gevoel om liefde te ontvang. Ek was so skaam dat ek my ware self weggesteek het en nooit enigeen emosioneel te naby aan my toegelaat het nie. Ek het gesmag na verbintenis, maar dit ook gevrees. Ek het selfs ander seergemaak omdat ek so seer was. Ek het gedink ek moet ander seermaak voordat hulle my seermaak. 



As volwassene het ek met die genesingsproses begin om deur al die trauma van my kinderjare en die wonde van vorige verhoudinge te werk. My genesing het verwerping, skaamte, onsekerheid en lae selfbeeld ingesluit. Gedurende hierdie proses het ek geleer ek hoef nie dit wat in my kinderjare gebeur het, toe te laat om my verhoudinge in die hede te beïnvloed nie. Die keuse is myne om te vergewe en ook om vir God toe te laat om my hart te genees. 



Dit was onbeskryflik moeilik en het nie oornag gebeur nie, maar ek het uiteindelik die skuldiges vergewe wat my as kind gemolesteer het. Ek het dit ook reggekry om myself te vergewe vir alles wat ek weens my pyn aan ander gedoen het. Die beoefening van vergifnis het dit vir my moontlik gemaak om vandag gesonde verhoudinge te hê.



In ons verhouding met God en ander, is vergifnis noodsaaklik. Dalk is jou pyn van die verlede soortgelyk aan myne, of miskien het jy 'n ander soort pyn beleef. Dalk het jou pa nooit 'n vriendelike woord vir jou gehad nie, of is jy in 'n vorige verhouding verraai. Wat ook al in jou verlede gebeur het, wat dit nou vir jou moeilik maak om ander te vertrou, moet jy God toelaat om daardie wonde te genees sodat jy kan vergewe.



God se opdrag aan ons is om ander te vergewe, net soos ons vir so baie vergewe is. Vergifnis beteken nie wat gebeur het was reg of dat dit nie saak maak nie. Die keuse om iemand vir die seer wat hy veroorsaak het te vergewe, maak jou vry van daardie gebondenheid. Vra vir God om jou te help genees en te vergewe sodat jy in gesonder verhoudinge kan tree.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: When You’re Single

Ons het almal verwagtinge van hoe ons lewens moet wees. Dalk het jy verwag om teen hierdie tyd al getroud te wees, maar in plaas daarvan is jy nou eensaam, verlore of sonder hoop. Die waarheid is egter dat jy nie getroud...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid