Leesplan inligting

Leef Geen LeuensVoorbeeld

Live No Lies

DAG 6 VAN 7

TERUGPRAAT



Laat in die vierde eeu n.C. het 'n jong geestelike, Evagrius Ponticus, 'n kort boek geskryf met die naam Talking Back: A Monastic Handbook for Combating Demons



Seker die beste titel ooit. 



Evagrius het beweer dat die geveg teen demoniese versoekings 'n geveg is teen dit wat hy logismoi — 'n Griekse woord — genoem het. Dit kan vertaal word as "gedagtes," "denkpatrone," jou "self-gesprekke" of "innerlike geloofstrukture." 



Vir Evagrius, was hierdie logismoi nie bloot gedagtes nie; hulle was kwaadwillige gedagtes wat jou van God wil weglok — 'n donker, lewende krag van die bose. 



Dit mag dalk vir ons skeptiese Westerse ore vergesog klink, maar dink daaroor: Het jy al ooit 'n gedagte (of 'n gevoel of 'n begeerte) gehad wat voorgekom het of dit 'n wil van sy eie het? Asof dit 'n gewig of 'n mag oor jou het wat buite jou vermoë is om te weerstaan? 



Kan dit wees dat die leuens wat jou vrede aanval nie net gedagtes is nie? Kan dit wees dat 'n donker, geestelike mag daaragter is?



Soos die skrywer, Paulus dit stel: "Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede" (Romeine 8:6).



As ons aan die logismoi toegee, word die gedagtes wat in 'n stryd is met lewe en vrede, vestings in ons denke en hou ons gevange. Ons kan egter daarvan vryraak as ons ons gedagtes op die Woord van God rig. 



Jy beveg die duiwel se leuens deur slegs te kies om nie aan hulle te dink nie. Soos ons almal egter weet, kan jy nie aan niks dink nie. Jy gee dus vir jou denke iets anders om aan te dink: die Woord van God. Jy vervang die duiwel se leuens met God se waarhede. Jy lê nuwe senuweebane wat uiteindelik as nuwe denkpatrone in jou wortelskiet. Jy word dit waaraan jy jou denke oorgee. 



Dit is lynreg in ooreenstemming met duisende jare van Christelike tradisie. Vir millennia, het Jesus se volgelinge hul denke in die Woord van God verdiep, nie net om data te versamel nie. Die doel daarvan om die Woord van God te lees, is nie net ter wille van inligting nie, maar geestelike vorming. Die doel om die Woord van God te lees is, om die "denke van Christus" aan te neem (sien 1 Korintiërs 2:16), om regtig soos Jesus te begin dink, om jou denke so gereeld en ten volle te vul "met die Gees van Christus" dat dit letterlik jou brein herbedraad, en van daar af, jou hele wese. 



Wat is een manier waarop jy jou denke meer gereeld met gedagtes oor God kan vul?


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Live No Lies

Kom jy agter dat jy uitgeput raak terwyl jy deur jou onlangse nuusvoer kyk omdat jy verskeur voel deur die ideologieë van ons tyd? John Mark Comer bemoedig ons om ons harte sag en oop te hou terwyl ons in ons geslag van ...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/600097/live-no-lies-by-john-mark-comer/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid