Leesplan inligting

Leef Geen LeuensVoorbeeld

Live No Lies

DAG 4 VAN 7

LEWE IN STRYD MET DIE WERKLIKHEID



Dallas Willard het in Hearing God geskryf: "Ons leef waarlik onderworpe aan die genade van ons idees." Die idees wat ons in ons denke glo en dan toelaat om in ons liggame vorm aan te neem, baan die weg vir ons siele. Anders gestel, hulle vorm en bepaal hoe ons lewe en wie ons word. 



Wanneer ons waarheid glo — dit is dus idees wat ooreenstem met die werklikheid — daag ons by die werklikheid op so 'n manier op dat ons floreer en voorspoedig raak. Dit word in ons liggame sigbaar, in ons seksualiteit, ons interpersoonlike verhoudings en bowenal, teenoor God op 'n manier wat ooreenstem met die Skepper se wysheid en goeie doelwitte vir sy skepping. Uiteindelik lei dit daartoe dat ons geneig is om gelukkig te wees. 



Wanneer ons egter leuens glo — idees wat nie ooreenstem met die werklikheid van God se wysheid en liefdevolle ontwerp nie — dan is die tragiese gevolg dat ons liggame oop is vir leuens en word hulle in ons spiergeheue toegelaat, ons laat hulle toe soos 'n ideologiese kanker om ons siele te infekteer. Ons lewe in stryd met die werklikheid, en die resultaat is dat ons sukkel om te floreer en voorspoedig te wees. 



Ons sukkel om te floreer omdat die werklikheid nie by ons illusies aanpas nie.



Ons dink aan geloof as iets wat vir godsdienstige mense gereserveer is, maar ons almal leef deur geloof. Om in iets geloof te hê, is eenvoudig om te lewe asof daardie iets waar is. Dit beteken om jou vertroue in iets of iemand te plaas en daaraan lojaal te bly. 



Die vraag is nie: "Het jy geloof?" nie. Inteendeel, dit is in wie of wat is jou geloof? Jesus en die skrywers van die Bybel wou hê jy moet in Jesus en sy onderrig geloof hê — 'n geloof wat op kennis van die werklikheid gegrond is. 



Jesus en die skrywers van die Bybel het ook, strydig met die openbare mening, erkenning gegee dat jou verklaring dat jy kennis van die werklikheid het, nie as verwaandheid beskou word nie, óf dat jy op 'n pad na tirannie is nie.



Niemand sal ooit sê: "Wie is ek om vir iemand anders te sê die aarde is rond? Of dat vyf plus vyf gelyk is aan tien? Of dat rook sleg is vir jou gesondheid?" Dit is nie vir ons vreemd om vir ons geliefdes te sê wat die werklikheid is nie, want ons vertrou dit sal tot hulle geluk bydra. 



Om die rabbi Jesus se vakleerling te wees, is meer as om net as 'n student vir 'n daaglikse lesing in sy meestersklas van die lewe in te skryf; dit is om terselfdertyd as 'n soldaat by die geveg aan te sluit om waarheid eerder as leuens te glo. 



Glo jy alle godsdienste is dieselfde? Hoekom of hoekom nie? Hoe het jou oortuigings met tyd verander?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Live No Lies

Kom jy agter dat jy uitgeput raak terwyl jy deur jou onlangse nuusvoer kyk omdat jy verskeur voel deur die ideologieë van ons tyd? John Mark Comer bemoedig ons om ons harte sag en oop te hou terwyl ons in ons geslag van ...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/600097/live-no-lies-by-john-mark-comer/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid