Leesplan inligting

Leef Geen LeuensVoorbeeld

Live No Lies

DAG 1 VAN 7

'N OORLOG VAN DIE SIEL



As ek moes sê hoe dit voel om vir Jesus in ons huidige kultuur te volg, sou ek dit beskryf as 'n oorlog van die siel. 



Ons voel hierdie voortdurende konflik nie net "daarbuite" in die wêreld of in ons digitale nuusvoere nie, maar ook in ons eie gedagtes en liggame — 'n soort innerlike toutrekkery wat emosioneel en geestelik uitputtend is; dis soos 'n geskeur aan die weefsel van ons sielevrede. 



Hoekom voel ons so moeg? Afgeleef? 



Hoekom voel ons so gehawend en gekneus? 



Hoekom voel elke dag soos 'n stryd net om getrou te bly en aan te hou om Jesus te volg? 



Kan dit wees: omdat dit presies so is? 



Vir eeue, het die leraars van die Weg van Jesus gebruik gemaak van 'n paradigma wat in die moderne era verlore geraak het, dié van "die drie vyande van die siel." 



Die wêreld.



Die vlees.



Die duiwel.



Hulle het hierdie drie vyande van die siel, as in stryd met die Drie-Eenheid beskou. 



Alhoewel die presiese woorde die "wêreld", "vlees" en die "duiwel" nie noodwendig deur Jesus of die skrywers van die Nuwe Testament gebruik is nie, is die taal en kategorieë wel. Een van Paulus se gewildste stellings is: "Stry die goeie stryd van die geloof" (1 Timoteus 6:12 AFR53). Hy het vir die Efesiërs gesê: "Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel" (Efesiërs 6:11); en hy het gebid dat hulle leraar, Timoteus, die "goeie stryd moet stry" (1 Timoteus 1:18). Let mooi op dat: "ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar ... teen elke bose gees in die lug", ook dat: "die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie" (sien Efesiërs 6:12). Paulus het nietemin verklaar ons het: "kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig" (sien 2 Korintiërs 10:4).



Dit was baie teenstrydige taal vir 'n kerk wat gegroei het om die lewe en onderrig van 'n rabbi wat vurig teen gewelddadigheid gekant was. Tog het die skrywers van die Nuwe Testament en die vroeë kerkvaders en -moeders gereeld hierdie beeld van oorlog gebruik om die innerlike dinamika van die siel te verduidelik. 



Ons mag dalk hierdie drie kategorieë verwerp, maar wat van die onophoudelike konflik in ons innerlike wat ons vrede saboteer? Hoekom is die wêreld so deurmekaar? Hoekom is ek so deurmekaar? 



Op watter maniere voel jy op hierdie oomblik afgeleef? Hoe was jou stryd oor die afgelope paar jaar om Jesus getrou te volg?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Live No Lies

Kom jy agter dat jy uitgeput raak terwyl jy deur jou onlangse nuusvoer kyk omdat jy verskeur voel deur die ideologieë van ons tyd? John Mark Comer bemoedig ons om ons harte sag en oop te hou terwyl ons in ons geslag van ...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/600097/live-no-lies-by-john-mark-comer/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid