Leesplan inligting

Die Dood Besit My NieVoorbeeld

Death Does Not Own Me

DAG 6 VAN 6

REIK UIT NA VER BO JOUSELF EN FLOREER!



Dan het sy laaste besoek aan 'n vrou gebring wat sterwende aan kanker was, net voor sy laaste twee weke.  Ons was op 'n daguitstappie en op pad na ons bestemming het ons verby die huis van 'n ou vriendin gery wat ons geweet het sterwende was.  Dan het gesê: "Op pad terug moet ons vir Pat gaan besoek" en ons het.



Dan se einde het vinnig nader gekom. Hy het nog 'n stryd verloor, die vermoë om te eet en drink.  Hy kon nie meer sluk nie.  Die kerkfamilie, familie en vriende het voortdurend kom besoek aflê. Een pastoor het selfs van 'n ander staat afgekom om hom te besoek. 



Sy verjaarsdag was op 'n Dinsdag, dus het ons besluit om al ons onmiddellike familie die Saterdag voor sy verjaarsdag uit te nooi.  Hy was baie swak, maar het steeds geskerts, geglimlag en wou selfs op 'n stadium saam met sy susters sing.  Hy wou baie graag sy koek proe, dus het ons hom 'n bietjie gegee, maar dit het hom glad nie goed gedoen nie. 



Op sy werklike verjaarsdag, wou hy op ons stoep gaan sit en ons het hom gehelp om by die trappies af te kom. 



"Wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry. Wat sal dit 'n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal 'n mens gee in ruil vir sy lewe?" Matteus 16:25-26.

Elke mens op aarde sal die dood eendag in die gesig moet staar.  Sommige sterf jonk, sommige sterf oud, maar hoe hulle gelewe het, hulle verliese en omstandighede hanteer het, sal saak maak. Slegs wanneer ons vir Christus lewe en nie vir onsself nie, sal ons ewige oorwinnaars word!



Dan het 5 dae later gesterf.  Dit was 'n Sondagoggend teen dagbreek.  Hy het tot aan die einde hard geveg en was slegs vir een dag onsamehangend.  Gedurende daardie tyd het hy my naam twee keer uitgeroep en die laaste keer was 6:00 daardie oggend.  Ons familie het om sy bed saamgekom en gesing en gebid en om 6:18 het ek sy hand opgelig en vir hom gesê om die hand van Jesus te vat.  Hy het sy laaste asem op aarde uitgeblaas en sy volgende asemteug was in die hemel!



Ek het uit die kamer geloop waar hy gelê het en op my eie na die voorportaal gegaan. Net toe ek daar kom het die volgende verse by my opgekom.



"Sing 'n lied tot eer van God, sing tot eer van sy Naam, maak 'n pad vir Hom wat op die wolke ry, en jubel voor Hom wie se Naam Here is. 'n Vader vir weeskinders en 'n beskermer van die reg van weduwees is God in sy heilige woning" Psalm 68:5-6.

In my rou oor my verlies, het ek geweet die Here sal my verdedig, net soos ek weet dat waarvoor jy ook al te staan kom, as jy Hom vertrou en in Hom glo, sal Hy jou deurdra.



KAN JY DIT IN VERBAND BRING?



Ek het 'n baie persoonlike verhaal aan jou vertel, om jou aan die hand van my man se baie verliese in sy lewe te wys dat ons twee paaie kan neem.  Ons kan ons oorgee aan ons verliese en ons ondergang veroorsaak of reik na ver bo onsself en floreer. Wanneer ons uitreik is dit op een of ander manier dat die verlies wat ons ervaar makliker word om te hanteer. 'n Mens mag dink, wel hy het gesterf! Om in Christus te sterf is nie 'n verlies nie, dit is wins en dit is waarom ek eerlik kan sê: "Die dood besit my nie!"



WAT HET ONS IN VANDAG SE STUDIE GELEER:



• Ons kan dalk sommige veldslae verloor voor ons wen.



• Hoe ons daagliks lewe, veral gedurende moeilike omstandighede, maak saak.



• Leer om God te vertrou en Hy sal jou deurhelp.



"Wat jy ook al in die gesig staar, dit besit jou nie!"

Ons hoop hierdie leesplan was 'n bemoediging vir jou! Verken ander bronne van Eternity Matter with Norma bywww.facebook.com/eternitymatterswithnorma 










Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Death Does Not Own Me

My man van 53 en 'n half jaar is in 2017 oorlede en voor sy dood het hy verskeie verliese gely. In die laaste paar jaar het ek geleer om nie enige verlies toe te laat om my uit te roei nie. God het my gewys dat "dood my ...

More

Baie dankie aan "Eternity Matters With Norma" vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.facebook.com/eternitymatterswithnorma

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid