Leesplan inligting

Die Dood Besit My NieVoorbeeld

Death Does Not Own Me

DAG 5 VAN 6

WANNEER DIE NUUS SLEG IS, LAAT JOU LIG HELDERDER SKYN!



Daar was nog baie klippe in Dan se pad met verskeie opvolg operasies.  Ons het ook baie gevier — met elke skoon ondersoek!  Hy het in 2015 afgetree, nie as gevolg van sy amputasie nie, maar omdat hy nog 'n ongewenste verlies ervaar het — 'n diagnose van die vroeë aanvang van demensie.  Hy het kort daarna ophou bestuur, nog 'n verlies om te verwerk.  Jou vermoë om te bestuur, verteenwoordig vryheid en onafhanklikheid.  Tog het hy nog positief gebly.



Ons het agtergekom dat hy binne 'n kort tydjie baie gewig verloor het.  Ek het 'n afspraak by sy dokter gemaak en die X-strale het gewys dat die kanker teruggekeer het.  Ons het die oproep gekry dat die chirurg ons wou sien.  Wanneer jy so 'n oproep kry dan weet jy daar is iets groot fout. 



Dit was Junie van 2017.  Ek onthou hoe ons oor ditjies en datjies gesels het terwyl ons vir die chirurg wag.  Ek is seker baie gedagtes het in sy kop gemaal — soos dit ook deur myne gemaal het.  Die dokter het ingekom en met albei sy hande Dan se hand geneem en gesê: "Wanneer jy 'n oproep van my ontvang, is die nuus nooit goed nie."  Hy het voortgegaan om te verduidelik dat die kanker 'n gewas die grootte van 'n bofbal agter Dan se hart gevorm het en 'n ander gewas was aan sy slukderm vas en altwee was in areas waar dit te gevaarlik is om te opereer.  



Ek was lamgeslaan en onthou net dat ek na Dan gegaan het en my arm deur syne gesit het. Dan het gesê: "Is u seker daar kan niks gedoen word nie, chemo, bestraling?"  Die dokter het geantwoord dat hy ons sou verwys na sy beenkanker spesialis.  Ons het die spesialis ontmoet wat ons ook aan 'n hele raad spesialiste bekend gestel het. Almal het tot die gevolgtrekking gekom dat Dan net 'n paar weke of maand oorgehad het om te lewe.



"Hoe hanteer mens sulke nuus; die nuus dat jy op die punt staan om te sterwe?"

Ek het dadelik uit my werk bedank om vir Dan te versorg en om sy oorblywende tyd saam deur te bring.  Hy was baie lief vir water en ons het op baie wandelinge langs die rivier gegaan en dikwels ook die hawe besoek.  Ons gunsteling plek, Hidden Lake Gardens, het ons dikwels besoek en ons het selfs 'n paar keer daar piekniek gehou. Hy het ook 'n begeerte gehad om siekes te gaan besoek en mense in ouetehuise.  



"Ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik”  Matteus 5: 15-16. 

Wanneer jy 'n doodsvonnis gekry het, is daar nie tyd vir selfbejammering nie.  Dan moet jy die tyd wat jy het om te lewe, aangryp.  Daar is nie tyd om verlies te hanteer nie, jy moet net lewe!  Elke dag wat hy in staat was, het ons op dag uitstappies gegaan, vir 'n wandeling langs die rivier of 'n sieke of ouer persoon gaan besoek.  Dan was lief om te sing en hy het die ou gesange vir vele van die mense gesing vir wie ons besoek het.  Dit het nooit oor hom gegaan nie, trouens, die mense wat hy besoek het, het nie eens geweet dat Dan ook sterwende was nie.  Hy wou net ander bemoedig, en vrolikheid en glimlagte bring.



KAN JY DIT IN VERBAND BRING?



Die enigste ding wat jou kan verslaan is jyself!  As jy broei oor jou verlies, wat dit ook al is, sal jy verloor.  As jy alles wat in jou is gebruik om uit te reik buite jou omstandighede, dan wen jy!  Vandag se vers was Dan se gunsteling en ek glo hy het geweet dat hy min tyd oorgehad het om sy lig in hierdie wêreld te laat skyn, dus het hy dit gedoen terwyl hy kon.



WAT ONS GELEER HET VANDAG:



• Soms gooi die lewe meer as een verlies na ons kant toe!



• As die nuus sleg is, is dit tyd om daardie sleg in iets goeds te verander!



• Wanneer dinge moeilik raak, is dit tyd om uit reik verby die omstandighede om mekaar te help!



• As die nuus sleg is, is dit tyd om jou lig helderder te laat skyn!


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Death Does Not Own Me

My man van 53 en 'n half jaar is in 2017 oorlede en voor sy dood het hy verskeie verliese gely. In die laaste paar jaar het ek geleer om nie enige verlies toe te laat om my uit te roei nie. God het my gewys dat "dood my ...

More

Baie dankie aan "Eternity Matters With Norma" vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.facebook.com/eternitymatterswithnorma

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid