Leesplan inligting

Die Dood Besit My NieVoorbeeld

Death Does Not Own Me

DAG 3 VAN 6

JY IS 'N OORWINNAAR ONGEAG DIE OMSTANDIGHEDE!



In gister se leesplan het ek vertel dat my man 'n arm- en skoueramputasie ondergaan het.  Daardie namiddag toe hulle hom na sy kamer terugbring, het van ons familie en 'n paar vriende die gange volgestaan om hom terug te verwelkom.  Die oomblik toe hy ons sien, het hy sy enigste hand opgelig en 'n duime-op teken met 'n groot glimlag gegee.  Ek vertel dit omdat Dan op daardie oomblik nie gedink het aan wat hy verloor het nie, maar aan die jare wat hy bygekry het.  Hy het die lewe gekies!



Na 'n paar dae in die hospitaal is ons huis toe na 'n nuwe begin.  'n Nuwe manier om te leer hoe om dinge te doen. Dan het sy verlies beskou as 'n uitdaging om kreatief te wees en maniere te ontdek om dinge op sy eie te doen.  Sommige mense het hulle vir my vererg omdat ek nie alles vir hom gedoen het nie, maar dit is soos hy dit wou hê.  Hy wou dieselfde Dan wees met of sonder arm.  



"Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee" Filippense 4:13.

Glo ons werklik hierdie Skrifgedeelte en pas dit vandag op onsself toe?  Hierdie leesplan wil jou leer hoe om die Woord van God te gebruik om ons lewe ten volle te leef, selfs gedurende verlies.  As jy jou werk verloor, haal dit die wind uit jou seile.  As jy 'n skeibrief kry van die persoon wat jy liefhet en jy gedink het altyd jou lewensmaat sou wees, ervaar jy verwerping en verraad.  As die dokter jou nie 'n gunstige diagnose gee nie, styg vrees en angs in jou op.  As jou eggenoot sterf, voel dit asof 'n gedeelte van jou saam gesterf het.  



Ek wil nie die verkeerde indruk skep of die betekenis van hierdie vers uit konteks aanhaal nie.  Slegte dinge gebeur steeds met goeie mense.  Toe Paulus hierdie stelling gemaak het, was dit omdat hy baie swaarkry in sy lewe verduur het, en tog deur hulle almal, het hy Christus vertrou.  Christus bemagtig ons deur ons gees, maar die vers sê nie net omdat ons gered is, ons yster met ons hande kan buig nie — by wyse van spreke.  Dit beteken dat as ons God vertrou, Hy ons die krag sal gee wat ons nodig het om deur ons verlies te kom.



"Jy is 'n oorwinnaar, ongeag jou omstandighede!"

KAN JY DIT IN VERBAND BRING?



Begin om die betekenis te verstaan wat Skrifgedeeltes sê en eis hulle op vir die kruis wat jy voel jy dra.  Verander jou perspektief hoe jy na die dinge kyk waardeur jy gaan.  Hou vas en maak die wonderlike seëninge wat jy het jou eie en dink na oor wat jou ophef, eerder as om te broei oor wat jou terneergedruk maak.  



WAT HET ONS IN VANDAG SE STUDIE GELEER:



• Daar gebeur dinge in almal se lewens en ons sal ongewenste dinge moet hanteer.



• Ons kan oor die slegtes broei en onsself dieper laat aftrek of ons kan besin oor ons seëninge wat ons in swaar tye kan bemoedig.



• Bo alles, behoort ons te vertrou dat die Woord van God waar is en op Hom staat maak om ons in tye van nood die nodige krag te gee.



• Jy is veel meer as jou omstandighede; jy is 'n oorwinnaar! 






Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Death Does Not Own Me

My man van 53 en 'n half jaar is in 2017 oorlede en voor sy dood het hy verskeie verliese gely. In die laaste paar jaar het ek geleer om nie enige verlies toe te laat om my uit te roei nie. God het my gewys dat "dood my ...

More

Baie dankie aan "Eternity Matters With Norma" vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.facebook.com/eternitymatterswithnorma

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid