Leesplan inligting

Herstel van TeleurstellingVoorbeeld

Bouncing Back From Disappointment

DAG 5 VAN 7

Daar is 'n ou staaltjie van onbekende oorsprong, wat praat van 'n man wat in 'n gat geval het en nie daaruit kon kom nie. Hy skreeu om hulp, en na 'n lang wag, stap daar uiteindelik 'n man verby. Toe die man die pleidooi van die een in die gat hoor en sy penarie sien, sê hy net vir hom dat hy homself moet optel en 'n uitweg op sy eie moet vind, en stap toe weg. 



Daarna stap ’n heilige man verby en hoor ook die man in die gat se desperate krete. Hy bied aan om vir hom te bid. Hy glo hy sal sy uitweg vind en stap toe verder. Uiteindelik stap 'n gewone man by die gat verby en sien ook die omstandighede. Hy luister na die man se pleidooi om hulp. Dan, sonder waarskuwing, spring die gewone man ook in die gat. "Hoekom het jy dit gedoen?" vra die eerste man. Die gewone man antwoord: "Omdat ek al voorheen in hierdie gat was, en ek ken die weg uit."



Jesus Christus is so 'n man. Volgens die Bybel is Jesus die Seun van die lewende God, maar Hy is self ook God. Tog, in Johannes 1:14, lees ons van hierdie Seun van God: "Die Woord het mens geword en onder ons kom woon." Hy het Homself “gestroop” van sy goddelikheid en die sterflikheid van mense aangeneem om die frustrasie van versoeking en die angs van die dood self te ervaar.


Hoekom?



Sodat ons 'n ware Advokaat kan hê wat vir ewig vir ons intree. Een wat ten volle verstaan waardeur ons gaan en Een wat die uitweg ken.



As jy dus voel asof jy in 'n gat geval het, deur een of ander beproewing waaruit jy nie uitkoms kan sien nie, wees bemoedig dat daar 'n Advokaat is wat namens jou intree en wat presies weet waardeur jy gaan. Hy is toegewyd om jou uit daardie gat te help.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Bouncing Back From Disappointment

Die lewe het 'n manier om ons op ons knieë te dwing. Of dit nou deur die verlies van 'n werk is, of 'n finansiële situasie, of 'n verhouding wat verbreek is. Elkeen van ons ken die smaak van mislukking. Om te weet hoe om...

More

Baie dankie aan Dr. Tony Evans wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.TonyEvans.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid