Leesplan inligting

Herstel van TeleurstellingVoorbeeld

Bouncing Back From Disappointment

DAG 2 VAN 7

Het jy al ooit 'n ideaal gehad wat uiteindelik amper die teenoorgestelde uitgewerk het as waaroor jy gedroom het? 'n Man doen aansoek om toegang tot die Harvard Universiteit, maar uiteindelik verkoop hy versekering. ’n Moeë jong moeder staar na haar onvoltooide roman wat stof op die lessenaar versamel, en wonder oor die pad wat sy nooit gekies het nie. Wanneer die lewe weier om aan ons verwagtinge te voldoen, kan dit 'n verwoestende effek op ons hê.
 


Ontmoediging is egter niks nuuts nie. In Lukas 24 begin twee manne met 'n staptog van elf kilometers terug na die dorpie, Emmaus toe. Hulle bespreek die onlangse gebeure en probeer om daarvan sin te maak. Jesus was veronderstel om hulle van die Romeinse onderdrukking te verlos en 'n nuwe, heerlike koninkryk in te lei. Kortom, teleurstelling laat hulle verbysterd. 



Die volgende oomblik daag Jesus as 'n vreemdeling by hierdie moedelose manne op en vra hulle waaroor hulle gesels. Anders gestel, Hy wil weet hoe hulle voel, en hulle deel met Hom die naakte waarheid oor hulle hartseer. Ons ken hulle pyn — wanneer die rekeninge ophoop en die bankrekening krimp — toe jy dalk gewonder het waar God dan is. Terwyl die huwelik afgesaag raak en die werk 'n suur smaak in jou mond laat, het jy dalk gewonder of die God van die heelal van jou vergeet het. In daardie oomblikke is dit goed om te onthou dat ons vriend, Jesus, nader as 'n broer aan jou is.



Moenie moed verloor nie. God het jou nooit verlaat nie en Hy het 'n plan om jou deur selfs die mees ontmoedigende omstandighede te help. Alhoewel ons dalk nie altyd verstaan hoekom ons deur sulke lewenstydperke gaan nie, kan ons troos vind in die wete dat die Here alles ten goede laat meewerk vir diegene wat volgens sy voorneme geroep is.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Bouncing Back From Disappointment

Die lewe het 'n manier om ons op ons knieë te dwing. Of dit nou deur die verlies van 'n werk is, of 'n finansiële situasie, of 'n verhouding wat verbreek is. Elkeen van ons ken die smaak van mislukking. Om te weet hoe om...

More

Baie dankie aan Dr. Tony Evans wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.TonyEvans.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid