Leesplan inligting

Herstel van TeleurstellingVoorbeeld

Bouncing Back From Disappointment

DAG 1 VAN 7

Ons leef in 'n wêreld wat nie meer is soos God dit met die skepping bedoel het nie. Die oomblik toe sonde God se volmaakte skepping betree het, het ons aan die vrug van sonde onderhewig geword. Kom ons erken dit, moedeloosheid is nie van God af nie, maar is een van die Satan se werktuie waarmee hy ons 'n gevoel van hopeloosheid gee.



Dawid, die psalmdigter, het gedurende sy lewe moedeloosheid geken en het openlik daaroor geskryf om ons te bemoedig. Dink na oor die begin van Psalm 13 waar Dawid uitroep:


"Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here? Vir altyd?

Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk?

Hoe lank moet ek nog my eie planne maak

en my dae met kommer deurbring?" (vers 2-3 AFR83).



Ons het almal al van tyd tot tyd so gevoel. Wanneer die druk van die alledaagse lewe ophoop en ons geen teken van uitkoms sien nie, kan ons dink dat die Here ons verlaat het.



Tog het Dawid baie meer as sy opregte klagtes om aan te bied. Sy gedigte eindig altyd met 'n positiewe belydenis dat God die Een is wat in al ons behoeftes voorsien — selfs wanneer ons mismoedig is. 



"Ek hou vas aan u troue liefde,

oor die uitkoms wat U gee, juig my hart.

Ek wil sing tot eer van die Here,

omdat Hy aan my goed gedoen het. (vers 6 AFR83)



Die God wat oor die hele skepping oppermagtig is en ons liefhet, kan hoop aan ons harte gee wanneer ons om hulp vra. As jy moedeloos voel, bid in vertroue tot God om daardie gevoelens weg te neem en begin liewer om Hom te prys vir sy liefde en sorg. Jesus het die kettings van teleurstelling verbreek en ons uit die greep van die Satan bevry. 



Indien jy hierdie oordenking waardevol gevind het, kan jy Tony Evans se boodskap: "Stop It! No More Worry" gaan lees wat jou van 'n dieper insig sal voorsien hoe om weer op jou voete te kom. Besoek dit by: http://go.tonyevans.org/no-more-worries


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Bouncing Back From Disappointment

Die lewe het 'n manier om ons op ons knieë te dwing. Of dit nou deur die verlies van 'n werk is, of 'n finansiële situasie, of 'n verhouding wat verbreek is. Elkeen van ons ken die smaak van mislukking. Om te weet hoe om...

More

Baie dankie aan Dr. Tony Evans wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.TonyEvans.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid