Leesplan inligting

Maak Plek vir Wat Saak Maak: 5 Geestelike Gewoontes vir LydenstydVoorbeeld

Make Space for What Matters: 5 Spiritual Habits for Lent

DAG 7 VAN 7

Geestelike Gewoontes: 'n Vriendelike Waarskuwing 



Voordat Jesus sy openbare bediening begin het, het Hy vrywillig vir veertig dae lank na die wildernis gegaan om alleen te wees. Hierdie tyd het Hom voorberei om die versoekings waarmee die duiwel Hom van stryk probeer bring het, teë te staan sodat Hy die roeping wat God vir Hom gehad het, kon uitvoer. Die skep van gesonde geestelike gewoontes kan ons help om dieselfde te doen.  



Terwyl jy daagliks tot God nader gedurende hierdie Lydenstyd, sal dit wat jy beoefen 'n natuurlike deel van jou daaglikse en weeklikse ritmes word. 



Soos dit natuurlike ritmes word, sal jy mettertyd agterkom dat jou lewe baie anders daar uitsien, omdat jy dit beoefen. Jy skep ruimte vir God om jou hart te verander sodat sy heerlikheid deur jou vertoon kan word aan 'n moeë wêreld wat hoop en 'n Verlosser nodig het. 



Terwyl jy egter hierdie dinge beoefen, moet jy in gedagte hou dat hierdie geestelike gewoontes sélf nie die einddoel is nie. Die doel is om 'n dieper nabyheid met God te bewerkstellig. Die Woord van God maak dit duidelik dat gehoorsaamheid beter as die bring van offers is. Dit beteken dat wanneer ons enigiets opoffer, dit uit nederige oorgawe moet wees — nie uit 'n halfhartige sin van verpligting nie. Op dieselfde manier voeg geestelike gewoontes waarde toe wanneer dit gehoorsaamheid weerspieël wat in God se liefde gevestig is.  



Terwyl jy dus vir Opstanding Sondag voorberei, herinner jouself daaraan dat God nie van jou verwag om op jou eie geestelik te groei nie. Gee jouself toestemming om met al jou swakhede tot Hom te nader omdat God se krag juis tot volle werking kom wanneer jy swak is. 


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Make Space for What Matters: 5 Spiritual Habits for Lent

Lydenstyd: 'n 40-dag tydperk van nadenke en inkeer. Dit is 'n mooi gedagte, maar hoe lyk dit nou eintlik as 'n mens aan die Lydenstyd deelneem? Oor die volgende sewe dae gaan ons vyf geestelike gewoontes ontdek wat jy ge...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid