Leesplan inligting

Maak Plek vir Wat Saak Maak: 5 Geestelike Gewoontes vir LydenstydVoorbeeld

Make Space for What Matters: 5 Spiritual Habits for Lent

DAG 3 VAN 7

Geestelike Gewoontes: Bepeinsing



Werk. Skool. Verhoudings. Gesondheidskwessies. Rekeninge. Wêreldwye pandemies. Met soveel dinge wat in ons lewens gebeur, is dit maklik vir ons aandag om afgelei te word van dit wat ons eintlik in ons lewens wil bereik. 



Kom dus vir 'n oomblik tot stilstand en haal diep asem. Terwyl jy uitasem, sien in jou verbeelding hoe jy al jou bekommernisse of afleidings wat om jou aandag meeding, laat vaar. Fokus dan op die volgende woorde:  



Die Gees van God het my gemaak, die asem van die Almagtige het my die lewe gegee.Job 33:4



Oordink vir 'n oomblik daardie vers. Lees dit weer stadig deur en gee aandag aan elke woord. 



Terwyl jy oor die Skrifgedeelte nadink, dink aan die volgende: jou asem word onderhou deur die Een wat jou met sy asem die lewe gegee het. Alhoewel die lewe soms oorweldigend kan voel, is jy nooit ver van die God wat jou geskape het en jou by jou naam geroep het nie. 



Raak weer stil. 



Jy het pas deur 'n eenvoudige voorbeeld van bepeinsing uit die Skrif gegaan. Die Bybel verwys verskeie kere na peins as 'n manier vir God se volgelinge om te herfokus en oor sy woorde na te dink. 



Bepeinsing is nie iets wat in eie krag gedoen kan word nie. Dit behels om tot God te nader en Hom te vra om sy gedagtes en weë aan ons bekend te maak. 



Bybelse bepeinsing help ons om ons omstandighede vanuit 'n heilige perspektief te sien, omdat ons toelaat dat wat heilig is, ons perspektiewe beïnvloed. Wanneer ons kies om tyd af te sonder vir bepeinsing uit die Woord, kies ons om ons fokus na God en sy Woord te verskuif en weg van onsself en ons wêreld af. Ons laat God toe om ons gedagtes te verander en ons wêreldbeskouing te vernuwe. 



Terwyl jy dus voorberei vir die weke wat voorlê, probeer doelbewus om jou denke elke dag op God en sy Woord te rig. 



Gaan oor tot die Daad: Neem die Woord van God in, deur elke Vers-van-die-dag gedurende die Lydenstyd te memoriseer. Gee aandag aan enige woorde of verse wat vir jou uitstaan terwyl jy dit doen en vra God om aan jou te openbaar wat Hy jou uit daardie verse wil leer.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Make Space for What Matters: 5 Spiritual Habits for Lent

Lydenstyd: 'n 40-dag tydperk van nadenke en inkeer. Dit is 'n mooi gedagte, maar hoe lyk dit nou eintlik as 'n mens aan die Lydenstyd deelneem? Oor die volgende sewe dae gaan ons vyf geestelike gewoontes ontdek wat jy ge...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid