Leesplan inligting

Maak Plek vir Wat Saak Maak: 5 Geestelike Gewoontes vir LydenstydVoorbeeld

Make Space for What Matters: 5 Spiritual Habits for Lent

DAG 5 VAN 7

Geestelike Gewoontes: Stilte



Verbeel jou dat jy alleen op 'n heuwel staan. 'n Stroompie kabbel langs jou verby terwyl voëltjies gelukkig in die bome kwetter. Die son skyn neer op jou gesig, terwyl 'n sagte briesie waai. Alles lyk kalm en rustig — maar jou gedagtes jaag deur 'n lys van take wat jy ongedaan gelaat het, probleme wat jy nie kan oplos nie en gebrokenheid wat jy nie kan heelmaak nie. Alhoewel jy op 'n rustige plek is, verhoed die weerklank van jou gedagtes dat jy die dinge wat om jou gebeur, kan geniet.



Wat sal dit van jou verg om tot stilstand te kom, die geraas stil te maak en net stil te wees? 



Deur stil te raak, leer ons om aandag te skenk aan wat God binne-in en rondom ons doen. Stilte is egter beide aktief en passief. Dit verg van ons om God toe te laat om weer ons visie te herfokus en ons ore op sy stem in te stel terwyl ons die geraas binne ons aan Hom oorgee. Dit verg dus van ons om ons vrese, bekommernisse en probleme aan God oor te gee terwyl ons Hom toelaat om ons harte opnuut op Hom te fokus. 



Wanneer ons hierdie geestelike gewoonte beoefen, word ons beter toegerus om aan God die eer te gee vir sy krag wat in ons lewens werk, omdat ons begin raaksien wat God alreeds in ons lewens gedoen het. 



Gaan oor tot die Daad: Gaan hierdie week 'n bietjie weg vir so paar uur en oefen om enige bekommernisse wat jy op die hart dra, aan Hom oor te gee. Dit is aanvaarbaar as jy dit vir 'n ruk lank herhaaldelik moet doen. Gebruik hierdie tyd om die geraas binne-in jou stil te maak en die gewoonte te kweek om ruimte te skep sodat jy God se stem kan hoor. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Make Space for What Matters: 5 Spiritual Habits for Lent

Lydenstyd: 'n 40-dag tydperk van nadenke en inkeer. Dit is 'n mooi gedagte, maar hoe lyk dit nou eintlik as 'n mens aan die Lydenstyd deelneem? Oor die volgende sewe dae gaan ons vyf geestelike gewoontes ontdek wat jy ge...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid