Leesplan inligting

Jy is GeliefdVoorbeeld

You Are Loved

DAG 4 VAN 4

Geroep om God en Ander lief te Hê


"Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is" (Romeine 12:9).



Jesus het al die wette in die Ou Testament so opgesom: "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself" (Matteus 22:37-40). “Naaste” in hierdie paragraaf verwys nie net na hulle wat op die erf langs jou woon nie. Jou naaste is enige mens wat jy ontmoet of in wie se lewe jy 'n verskil kan maak. Dis maklik om onsself lief te hê. Ons kyk maklik ons eie foute mis en fokus slegs op al ons goeie dade. Dis baie moeiliker om ander lief te hê.



Indien ons werklik God se liefde en die goeie nuus van die evangelie begryp, sal ons missie wees om daardie liefde met  almal te deel. Vandag se Skrifgedeelte is propvol opdragte wat voorbeelde gee van hoe ons liefde, vergifnis en genade teenoor ons naaste kan betoon. Watter van hierdie opdragte daag God jou uit om vandag in jou omgang met jou medemens toe te pas?



Voordat ons begin om verskonings te maak, moet ons nooit vergeet nie dat Jesus tot in die dood gegaan het, die kruisdood, om ons lief te hê. Onthou dat God elke Christen 'n lewendige offer noem (Romeine 12:1)! Dis dalk nie maklik om ander lief te hê nie, maar dit is presies wat God van ons vra. Begin deur vir ander te bid en God sal jou woede laat bedaar, jou help om verskonings te oorkom en deure vir jou oopmaak om die liefde van Christus te betoon en te deel. 



Vra ons God van liefde terwyl jy bid om jou te help om ander lief te hê. 






Ons hoop hierdie leesplan het jou bemoedig. Vir verdere leesplanne van skrywers soos Duane Loynes, besoek gerus ander Bybelse bronne by "Words of Hope" .


Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

You Are Loved

God het jou lief. Dit maak nie saak wie jy is of waar jy in jou lewe is nie, God het jou lief! In hierdie maand wat ons die liefde vier, onthou ook dat God se liefde vir jou groter is as enige ander liefde. Omvou jouself...

More

Baie dankie aan Words of Hope wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.woh.org/youversion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid