Leesplan inligting

Jy is GeliefdVoorbeeld

You Are Loved

DAG 3 VAN 4

Eenvoudige Liefde



"As broers moet julle mekaar altyd liefhê" (Hebreërs 13:1). 



Met twee kinders in die laerskool is ek gedurig doenig om huiswerk skedules en planne te teken, op hoogte te bly van wat in die klaskamers gebeur en kwartaallikse verslae te ontvang van al die take wat my kinders ingehandig of nie ingehandig het nie. Rapporte met die kinders se punte daarop word gereeld huis toe gestuur; dan is daar ook addisionele bonusse om hul punte aan te vul indien ons nie daarmee tevrede is nie.



Soms volg ons Jesus soos om 'n graad te slaag. Ons wonder heeltyd of ons genoeg gedoen het om 'n A te verdien. Het ek genoeg blikkieskos by die plaaslike koskas afgegee of moet ek ook by die sopkombuis gaan help? Ek weet ek moet my vyande liefhê, maar wat van die persoon wat lelike gerugte oor my versprei het? Is ons soos Petrus wat vir Jesus gevra het: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen?” (Matteus 18:21 ).



Die skrywer van Hebreërs herinner ons daaraan om dit eenvoudig te hou. Moenie jouself moeg maak om telling te hou nie — betoon net liefde! Ons wil moontlik graag die graad deurkom, want dis 'n aanduiding hoe ons vorder. Vir God gaan dit egter nie oor die graad nie, maar oor die hart. God wil hê ons moet vrylik liefhê omdat Hy ons eerste liefgehad het (1 Johannes 4:19). Vra jouself af waar God vir jou die geleentheid gee om ander lief te hê, eerder as om te vra of jy genoeg gedoen het: onthou die gevangenes in die tronk, toon gasvryheid en wees tevrede met wat jy het — al hierdie optredes ontstaan vanuit een eenvoudige opdrag: om mekaar lief te hê. 



Dank God wanneer jy bid vir die eenvoud van sy liefde vir jou. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

You Are Loved

God het jou lief. Dit maak nie saak wie jy is of waar jy in jou lewe is nie, God het jou lief! In hierdie maand wat ons die liefde vier, onthou ook dat God se liefde vir jou groter is as enige ander liefde. Omvou jouself...

More

Baie dankie aan Words of Hope wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.woh.org/youversion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid