Leesplan inligting

Jy is GeliefdVoorbeeld

You Are Loved

DAG 1 VAN 4

Liefde Maak Saak


"Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet" (Johannes 15:12).



Wanneer mense oor die geheimenisse van die lewe worstel, is een van die diepste vrae wat gevra word: waarom alles enigsins bestaan. Waarom bestaan iets eerder as niks? Die Bybel se antwoord op hierdie vraag word in een woord opgesom: liefde. God se liefde is die krag waaruit die heelal geskep is. God se liefde is die rede waarom ek en jy geskape is, die rede waarom ons op hierdie oomblik lewe en asemhaal. God het 'n liefdevolle geaardheid en Hy wil hê dat elke mens ook so moet wees. Liefde is die mees uitsonderlike kenmerk van 'n eg menslike bestaan.



Die woorde wat Jesus, die laaste aand van sy aardse lewe in die bovertrek aan sy dissipels gesê het, is soortgelyk aan 'n testament waarin Hy sy wil aan sy volgelinge bekendgemaak het. Sy belangrikste instruksie was kort en kragtig: "Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet.”



Iets waaroor die Bybel baie duidelik is, is dat Christelike liefde die enigste ware maatstaf van 'n suksesvolle lewe is. Al die ander gawes en vermoëns is tot niet gemaak, enige ander vorm van sukses is van nul en gener waarde, as liefde afwesig is. Die groot teoloog, Karl Barth, het opgemerk dat sonder liefde, al die lewe se mylpale soos 'n string nulle sonder 'n positiewe nommer vooraan is: ongeag hoe lank die lys, dit tel steeds op tot nul.



Hoe lyk ware liefde dus? Dit lyk natuurlik soos Jesus. 



Bid en vra God om jou te help om elke dag meer soos Hy lief te hê. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

You Are Loved

God het jou lief. Dit maak nie saak wie jy is of waar jy in jou lewe is nie, God het jou lief! In hierdie maand wat ons die liefde vier, onthou ook dat God se liefde vir jou groter is as enige ander liefde. Omvou jouself...

More

Baie dankie aan Words of Hope wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.woh.org/youversion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid