Leesplan inligting

Leef 'n Gelukkige Lewe: 'n 7-dag Leesplan vir Ouers: Hoe Om Deur Aanvaarding Te Leef — Nie Vir Aanvaarding NieVoorbeeld

Living a Happy Life: A 7-Day Devotional for Parents About Living From Acceptance—Not for Acceptance

DAG 3 VAN 7

Dag Drie: 'n Ellendige Manier om te Lewe



Baie mense ontvang Jesus se vergifnis en dink dan hulle moet goeie mense wees en goeie dinge doen om sy vergifnis te behou. Mense neem die gratis geskenk van die ewige lewe aan en dink dan die onus rus op hulle om hulself as waardig te bewys sodat hulle dit kan behou.



Daar is 'n hele boek in die Bybel wat gaan oor ons versoeking om so te dink. Die boek Galasiërs was die apostel Paulus se brief aan 'n groep mense wat hy liefgehad het. Hy het dit geskryf om hulle te herinner dat dit deur God se genade is wat hulle in die eerste plek Christene geword het — en hulle het steeds God se genade nodig. Vir hulle om te begin lewe om "geestelike sterretjies op 'n plakkerkaart te versamel" sou afgryslik wees! Dit sou ellendig en uitputtend wees omdat hulle dan nie die genade en vryheid wat hulle ontvang het, sou geniet nie. 



As ons God se goedkeuring in ons eie dade soek, sal ons nooit volkome vreugde hê nie. Ons is swaar belas en dra altyd die gewig van ons stryde.  



As ons God se goedkeuring in ons eie dade soek, is ons werk nooit klaar nie. Om God se liefde te probeer verdien, is uitputtend want daar is altyd nog iets om te doen. 



Gelukkig ontvang ons God se genade, ons verdien dit nie. Die werk is afgehandel omdat Jesus se werk aan die kruis afgehandel is. Terwyl Jesus sterwende was, het Hy uitgeroep: "Dit is volbring!" Moenie terugkeer na die slawerny om God se liefde te probeer verdien nie. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Living a Happy Life: A 7-Day Devotional for Parents About Living From Acceptance—Not for Acceptance

Kinders ondervind nou meer druk as ooit tevore, hulle voel die gedurige behoefte om mylpale te behaal en hulleself te bewys. Van 'n baie vroeë ouderdom af ondervind kinders angs, dus wil ons ouers help om hierdie Bybelse...

More

Baie dankie aan B&H Publishing wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.QuokkasandSnails.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid