Leesplan inligting

Leef 'n Gelukkige Lewe: 'n 7-dag Leesplan vir Ouers: Hoe Om Deur Aanvaarding Te Leef — Nie Vir Aanvaarding NieVoorbeeld

Living a Happy Life: A 7-Day Devotional for Parents About Living From Acceptance—Not for Acceptance

DAG 1 VAN 7

Dag Een: Twee Maniere om te Leef



Twee leerders in graad vyf sal vandag na 'n sokker-oefening gaan. Een sal speel om oorwinning te behaal — oorwinning oor ander en oorwinning vir homself. Die ander een sal ook sy bes doen, maar om 'n ander rede. Hy het reeds oorwinning te danke aan Jesus, dus kan hy dit nou geniet en in vryheid speel. Hy speel met minder druk en meer vreugde. 



Twee dokters sal vandag 'n operasie uitvoer. Een sal opereer omdat hy sy waarde wil bewys. Die ander een sal opereer met die genadige selfvertroue dat hy reeds gewaardeerd is, te danke aan die werk wat Christus namens hom gedoen het. 



Twee kunstenaars sal vandag skilder. Een sal skilder omdat sy na goedkeuring smag, en as die skildery "net reg" is, sal sy dalk mense se goedkeuring verkry. Die ander kunstenaar skilder omdat sy reeds in Christus goedgekeur is. Sy geniet dit om te skep omdat haar Redder kreatief is en aan haar die passie gegee het om te skep. 



Jy kan nie die twee graad vyf leerders, die twee dokters en die twee kunstenaars van mekaar onderskei deur hulle aktiwiteite of werk nie. Hulle sal vandag baie van dieselfde dinge doen, maar hoekom hulle daardie dinge doen is baie verskillend. In die kinderstorie "The Quokkas, The Snails, and the Land of Happiness", leef die buideldiere en die slakke soortgelyke lewens, maar verskil hemelsbreed in hul motivering. Die slakke lewe om goedkeuring te verkry. Die buideldiere — die wat gelukkig is — lewe vanuit 'n standpunt dat hulle reeds goedkeuring verwerf het. 



Jy kan ook op twee maniere lewe. Jy kan vir oorwinning lewe of deur die oorwinning wat Christus vir jou verseker het. Jy kan vir goedkeuring lewe of deur die goedkeuring wat God jou gegee het. Jy kan lewe om jouself te regverdig of deur 'n houding in te neem dat jy reeds, te danke aan Jesus, geregverdig is. 



Christus het jou reeds voor God geregverdig, dus hoef jy nie vir te lewe nie. Jy kan lewe deur. Wanneer jy dit doen, is jy met God se vrede en vreugde gevul. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Living a Happy Life: A 7-Day Devotional for Parents About Living From Acceptance—Not for Acceptance

Kinders ondervind nou meer druk as ooit tevore, hulle voel die gedurige behoefte om mylpale te behaal en hulleself te bewys. Van 'n baie vroeë ouderdom af ondervind kinders angs, dus wil ons ouers help om hierdie Bybelse...

More

Baie dankie aan B&H Publishing wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.QuokkasandSnails.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid