Leesplan inligting

Groter BeloningVoorbeeld

Greater Reward

DAG 5 VAN 7

Geestelike Dissiplines



Dink aan sommige van die mees belangrike verhoudinge in jou lewe. Miskien is dit 'n vriend, 'n lewensmaat, of 'n familielid. Het jy jou verhouding met hulle met opset of per ongeluk gegroei en verdiep? 



Die kans is goed dat jy tyd in daardie verhouding moes belê. En dit is dieselfde met God. Ons struikel nie in 'n goeie verhouding met Hom in nie. Ons moet gedissiplineerd wees om dit te prioritiseer. 



Jy sien heel moontlik nie verhouding-bou as 'n dissipline om by te hou nie, reg? Andersins, mag daardie mense dalk nie in jou naby vriende kategorie wees nie. As jy egter daaraan dink, verhoudinge vra baie tyd en energie. Om in 'n verhouding te belê, verg dissipline om goeie resultate te lewer. En ons moet gedissiplineerd wees in ons verhouding met God ook — dit gaan nie op sy eie gebeur nie. Dit is hoekom geestelike dissiplines so belangrik is.



Die waarheid is, jy gaan heel moontlik nie altyd daarna voel om jou Bybel te lees of te bid of te aanbid of om tyd met Hom deur te bring nie. Dissiplines kan egter lei tot herskepte behoeftes. 



Selfs Jesus — tydens sy tyd op aarde — moes gedissiplineerd wees om sy verhouding met sy Vader na te streef. Die Skrif vertel vir ons dat Hy dikwels onttrek het na die wildernis om te bid — wat beteken dat Hy geprioritiseer het deur tyd te maak om alleen te wees om met sy Vader te praat en die Skrif te bestudeer. 



Ons sien die resultaat van hierdie tipe geestelike dissipline gedurende Jesus se versoeking in Matteus hoofstuk vier. Na 40 dae van vas in die wildernis (praat van dissipline!), het die Satan vir Jesus op drie verskillende maniere getoets. Elke keer het Jesus dit oorkom met die krag van die Skrif. 



Jesus het geweet om die vyand te weerstaan, het Hy goeie kennis van sy Vader nodig gehad. En deur gereeld tyd te bestee daarin om die Skrif te leer en hoe om dit toe te pas, het Hy oorwinnend uitgekom toe die tyd van toetsing aanbreek. 



Hoe gedissiplineerd sou jy sê is jy wanneer dit kom by jou geestelike lewe? 



Miskien herken jy dat jy nodig het om 'n gewoonte daarvan te maak om jou Bybel te lees. Miskien wil jy elke dag meer tyd deurbring in gebed. Of miskien wil jy verbind met God op 'n ander betekenisvolle manier elke dag — hetsy deur aanbidding, dankbaarheid of om tyd saam met Hom buite in sy skepping deur te bring.



Ons struikel nooit per ongeluk in geregtigheid in nie. Bestee dus vandag tyd daaraan om te bid oor intensionele maniere waarop jy geestelike dissiplines kan ontwikkel sodat jy God op 'n dieper manier kan leer ken. 



Uitdaging: Wat is een geestelike dissipline wat jy kan begin om jou verhouding met God dieper te laat groei? Hoe sal dit jou verhouding verbeter?


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Greater Reward

Die dissiplines wat jy vandag ontwikkel bepaal die verhale wat jy môre gaan vertel. Hoe voel jy oor die verhaal wat jy vertel? In hierdie 7-dag leesplan begelei deur Pastoor Craig Groeschel se "Greater Reward" boodskap r...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid