Leesplan inligting

Groter BeloningVoorbeeld

Greater Reward

DAG 2 VAN 7

Klein Dissiplines, Groot Verskil 



Het jy al ooit na iemand se lewe gekyk — dalk 'n Olimpiese deelnemer, 'n atleet of net iemand wat jy bewonder — en gedink dat jy nooit so gedissiplineerd soos hulle kan wees nie? Ons was al almal daar. Dit is maklik om te voel asof dissipline net gereserveer is vir die mees talentvolle mense onder ons. Dissipline ontwikkel egter nie oornag nie. 



Pastoor Craig Groeschel sê dit soos volg: “Die klein besluite wat niemand sien nie, produseer die resultate wat almal wil hê." 



Daardie Olimpiese deelnemer het sy hele lewe deurgebring om daardie medalje na te streef. Van vroegoggend alarms tot lang ure se oefen, tot kies om goed te eet en te rus — hul sukses was nie 'n eenmalige gebeurtenis nie, maar die produk van daaglikse besluite wat bymekaargekom het. En dit is hoe dissipline werk. 



Normaalweg weet ons hoe die siklus werk. Dalk aan die begin van die jaar stel jy vir jouself voornemens. Dalk is hierdie die jaar wat jy gaan goed eet of gym toe gaan of begin om die Bybel elke dag te lees (wat, as dit joune is, doen jy dit!). Teen Februarie sluip van jou ou gewoontes egter weer in. Ons mis 'n dag. Ons het 'n verneuk-week. En dan is ons weer terug by die begin.  



Ons kan egter nie opgee elke keer as ons toegee nie. As ons dit doen, sal ons nooit dissipline ontwikkel nie. Waar kan ons dus begin? Hoe kan ons seker maak dat ons hierdie jaar die groter beloning van dissipline nastreef? 



Ons moet klein begin, konsekwent bly en vooraf oor ons dissiplines besluit. Trouens, die beste manier om gedissiplineerd te begin en te bly is deur jou rede te onthou oor hoekom jy dit in die eerste plek doen. Hoekom? Omdat jy 'n pynvolle dissipline kan oorkom met 'n kragtige beginsel. 



Ons sien hierdie 'n paar keer uitspeel in Daniël se verhaal. Daniël en sy vriende is ontvoer deur die Babeloniërs wat hulle name verander het en voortgegaan het om hulle te indoktrineer in hulle Babeloniese kultuur. Daniël het egter die ware God aanbid en hy wou nie kompromieë aangaan nie. 



Voeg hierby die mag van 'n vooraf besluit. Daniël het geweet dat die kos wat sy ontvoerders vir hulle gegee het aan afgode geoffer is wat dus oneer aan God was. Hy het dus besluit om dit nie te eet nie. Hier is hoe sterk sy voorneme was: 



"Daniël het hom voorgeneem om hom nie met die koning se kos en wyn te verontreinig nie en hy het die hoofpaleisbeampte vergunning gevra om dit nie te gebruik nie" Daniël 1:8. 

Daniël het 'n besluit geneem nog voor hy versoek was. Hy het nie gewag tot die oorweldigende geur van die kos sy voorneme verswak het nie. Voor hy versoek was het hy besluit om gedissiplineerd te wees. Hy het geweet sy beginsel om nee te sê was kragtiger as die versoeking om ja te sê. 



Nadat hulle net groente geëet het, het dit gebeur dat Daniël en sy vriende die sterkste manne tussen al die gevangenes was. Daniël het aangehou om gedissiplineerde besluite soos hierdie een te neem dwarsdeur sy lewe. 



Later, toe Koning Nebukadneser besluit het om almal te dwing om 'n goue standbeeld te aanbid, het Daniël en sy vriende geweier, en het God in 'n magtige manier na vore gekom. Baie jare later, het Koning Darius 'n bevel uitgereik wat vereis dat mense slegs tot hom moet bid. Daniël het weer geweier en aangehou bid tot God soos wat sy gewoonte was. 



Ongelooflike verhaal, reg? Daniël kon egter nie daardie moeilike besluite neem sonder 'n daaglikse oorgawe aan God deur 'n gewoonte van gereelde gebed nie. As jy dus gedissiplineerd wil wees, begin klein. Kies een gewoonte om mee te begin. En kies een beginsel om jou standvastig te hou. Soos Daniël, sal daardie vooraf besluit om te doen wat reg is bo wat maklik is, oor die langtermyn voordelig wees. 



Uitdaging: Wat is een klein dissipline wat jy kan begin? Watter Skrif, waarheid of beginsel gaan jy gebruik om jou gefokus te hou?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Greater Reward

Die dissiplines wat jy vandag ontwikkel bepaal die verhale wat jy môre gaan vertel. Hoe voel jy oor die verhaal wat jy vertel? In hierdie 7-dag leesplan begelei deur Pastoor Craig Groeschel se "Greater Reward" boodskap r...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid