Leesplan inligting

Groter BeloningVoorbeeld

Greater Reward

DAG 1 VAN 7

Wat Is Dissipline en Hoekom Maak Dit Saak? 



Wanneer jy die woord "dissipline" hoor, watter gedagtes en gevoelens kom onmiddellik by jou op? Dalk is dit 'n skuldgevoel — omdat jy nie jouself sien as 'n gedissiplineerde persoon nie maar jy wil graag een wees. Dalk is dit vrees — omdat jy dink aan die tipe dissipline wat jy kry wanneer jy 'n fout maak en die gevolge daarvan in die gesig moet staar. Of dalk is dit ontsetting — omdat jy graag gedissiplineerd wil wees maar jy weet dat dit harde werk gaan verg. 



Hier is die ding: Die meeste van ons wil die produk van dissipline hê sonder die pyn van dissipline. So graag as wat ons dit egter wil hê, kan ons nie die beloning kry sonder die proses nie. 



Daar is egter hoop. 



Dissipline kom van God af en bring eer aan Hom. In werklikheid herinner hierdie twee verse ons dat dissipline en selfbeheersing nie iets is wat ons self vervaardig nie maar iets is waar ons op die Gees kan vertrou om dit te voorsien: 



"Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing" 2 Timoteus 1:7. 

"Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. ..." Galasiërs 5:22-23. 

Die Griekse woord vir selfbeheersing in Galasiërs 5:23 is egkrateia, wat beteken: "matigheid: die deug van een wat sy begeertes en passies bemeester, veral sy sensuele aptyt." Met God se hulp, kan ons ons gedagtes bemeester en kies wat ons die meeste wil hê bo dit wat ons in die oomblik wil hê. En dit is dissipline. 



Pastoor Craig Groeschel sê dit soos volg: “Die besluite wat jy vandag neem bepaal die verhale wat jy môre vertel." 



Dissipline is 'n keuse — 'n keuse om die Heilige Gees in te nooi om ons begeertes te verander en om te besluit om te doen wat die beste is bo dit wat die maklikste is. 



Daar is geen suikerbedekking daarvoor nie — dissipline is nie altyd maklik nie. Dit is egter altyd die moeite werd. Dit is nie sommer enige ontwykende ideaal wat eksklusief vir 'n elite groep Jesus volgelinge is nie. Dissipline is beskikbaar vir almal van ons en dit is soos 'n spier. Hoe meer jy aan dit werk hoe makliker word dit. Aan die begin mag jy dalk oorweldig voel, maar moenie opgee nie — moeilike dissipline mag dalk pynlik wees, maar dit bereik 'n doel.



In werklikheid, kyk net na wat die Skrif sê oor die resultate van dissipline:



"Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir die wat daardeur gevorm is, 'n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God" Hebreërs 12:11. 

Dissipline produseer 'n oes — en jy lewer nie 'n oes sonder konsekwentheid nie. So oor die volgende paar dae gaan ons praat oor hoe om dissipline in elke area van ons lewens in te bring. As jy dan nog steeds oorweldig is, is dit reg. Vra God vir hulp om jou te vul met meer van sy krag, liefde, en selfdissipline. 



Uitdaging: Die keuses wat ons vandag maak vorm die verhale wat ons môre vertel. Hoe voel jy huidiglik oor die verhaal wat jy vertel? As jy nie tevrede is daarmee nie wat is een ding wat jy gaan begin doen om dit te verander? 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Greater Reward

Die dissiplines wat jy vandag ontwikkel bepaal die verhale wat jy môre gaan vertel. Hoe voel jy oor die verhaal wat jy vertel? In hierdie 7-dag leesplan begelei deur Pastoor Craig Groeschel se "Greater Reward" boodskap r...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid