Leesplan inligting

'n Ommekeer van emosionele kwessiesVoorbeeld

A U-Turn From Emotional Issues

DAG 3 VAN 3

Een van die grootste emosionele vestings waarmee mense vandag te doen kry, staan bekend as mede-afhanklikheid. Daar is ander terme wat hierdie vesting verder uitbrei as net een verhouding — daardie terme sluit in: om altyd mense tevrede te wil stel en sosiale media-verslawing. Kom ons kyk eers na mede-afhanklikheid.



Mede-afhanklikheid is 'n hanteringsmeganisme (een vorm van 'n emosionele vesting) wat 'n persoon help om 'n gebrek wat hy of sy mag voel — al is dit dalk verkeerd — te hanteer. Miskien is daar 'n gebrek aan eiewaarde en selfbeeld of sterk gevoelens van verwerping. Nietemin, mede-afhanklikheid betrek gewoonlik ander mense om probleme reg te stel. Ek noem dit 'n mense-vesting.



God is die enigste Een wat die krag en vermoë het om in ons behoeftes te voorsien. Die probleem kom wanneer ons daarop aandring om eers vir mense hulp te vra, voordat ons na Hom toe gaan. Regdeur die Woord lees ons hoe God mense in mekaar se lewens gebruik. Ons lees egter nie dat God tevrede is as ons mense en dinge toelaat om sy plek in te neem nie. Die teenoorgestelde is eerder waar; ons het 'n emosionele afgod geskep. Selfs 'n verslawing aan sosiale media kan in die kategorie van emosionele afgodery val.



Daar bestaan 'n fyn lyn tussen genotvolle verhoudings, of die voordeel van sosiale mediaverbintenisse, en die afwenteling van emosionele verhoudings en vergelykings. Mense en verhoudings is 'n gawe wat ons moet geniet. Tog moet ons versigtig wees dat ons emosies nie in vestings van depressie, eensaamheid, jaloesie, twyfel of vrees verander nie.



Jy moet jouself daaraan herinner dat jy in Christus alles het wat jy nodig het. Jy hoef nie vas te hou aan iemand of iets om voltooid te wees nie.



Aan wie of wat hou jy vas vir 'n sin van eiewaarde?



Ons hoop hierdie leesplan het jou bemoedig. Vir meer inligting oor die bediening, klik hier.  


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

A U-Turn From Emotional Issues

Wanneer jou lewe uit voeling met die Woord van God is, sal jy met absolute sekerheid pynlike gevolge ervaar. Wanneer jou emosies handuit ruk en jou welstand begin bepaal, mag jy jouself in self-opgelegde tronke bevind wa...

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://tonyevans.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid