Leesplan inligting

'n Ommekeer van emosionele kwessiesVoorbeeld

A U-Turn From Emotional Issues

DAG 2 VAN 3

Ek wil jou herinner aan 'n belangrike waarheid oor emosies: hulle het geen intelligensie nie. 



Hulle kan nie dink nie. Hulle reageer net. Emosies moet gedagtes leen om gevoelens te stimuleer. Daarom, wie of wat ook al jou gedagtes beheer, beheer jou gevoelens. Jou emosies word geskep en beheer deur hoe jy oor die omstandighede in jou lewe dink. Indien jy dus die beheer oor jou emosies wil terugneem en emosionele vestings in jou lewe wil afbreek, moet jy in beheer van jou denke wees. 



Wanneer jou gedagtes met God se waarheid ooreenstem sal jy vry wees.



Kyk in die spieël. Daardie persoon wat jy sien, is saam met Christus gekruisig, begrawe en opgewek. Toe Jesus twee duisend jaar gelede dood is, was jy ook in God se oë dood. Toe Hy begrawe is, was jy saam met Hom in die graf. Toe Hy opgestaan het, het jy ook opgestaan. Selfs al het jy God net 'n kort rukkie gelede aangeneem, het God dit wat so baie jare gelede met Jesus gebeur het, geneem en dit deel van jou geestelike realiteit gemaak.



Satan is 'n meester om gedagtes in jou denke te plant en jou te laat glo dat dit jou eie gedagtes is. Miskien hoor jy hom iets sê soos: "Ek kan nie 'n lae selfbeeld oorwin of ophou om my met ander te vergelyk nie. Ek kan nie vry kom van hierdie emosionele bagasie nie. Ek kan nie hierdie ou gewoontes weerstaan om in depressie te verval nie." Hy mag dalk hierdie dinge vir jou sê, of jy kan dit aan jouself vertel, maar om dit te oorwin, moet jy ophou om die leuens te glo. Al daardie verklarings mag dalk waar gewees het toe die ou mens nog gelewe het, maar daardie persoon het saam met Jesus aan die kruis gesterf. Jy is 'n nuwe mens (2 Korintiërs 5:17).



Watter leuens glo jy oor jouself?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

A U-Turn From Emotional Issues

Wanneer jou lewe uit voeling met die Woord van God is, sal jy met absolute sekerheid pynlike gevolge ervaar. Wanneer jou emosies handuit ruk en jou welstand begin bepaal, mag jy jouself in self-opgelegde tronke bevind wa...

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://tonyevans.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid