Leesplan inligting

'n Ommekeer van emosionele kwessiesVoorbeeld

A U-Turn From Emotional Issues

DAG 1 VAN 3

Emosies is vir die siel soos wat die sintuie vir die liggaam is. Hulle openbaar hoe ons oor ons lewensomstandighede voel. Mense wat die verkeerde rigting met hul emosies ingeneem het, sukkel om te oorleef en kan magteloos, hulpeloos, en selfs waardeloos voel.



'n Emosionele vesting verwys nie na 'n slegte dag wat jy elke nou en dan ervaar nie. Dit verwys na wanneer jou lewe in 'n negatiewe valstrik vasgevang is, wat tot onbeheersde moedeloosheid, depressie en hartseer lei.



In plaas daarvan om te doen wat baie mense doen (om emosionele vestings te ontken of deur middel van pille, vermaak, seks, of besteding te onderdruk), wil ek jou help om by die wortel van die probleem uit te kom en dit te oorkom. Die waarheid is dat God jou nie geskape het om vir vyf, twintig of veertig jaar, of vir enige tydperk, in hierdie emosionele vestings te leef nie.



God het jou eerder 'n vol lewe in Christus belowe. Jesus het gesê: "Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed" (Johannes 10:10b). Hy het jou nie geroep om elke dag verslane te leef nie. Hy wil hê jy moet weet en vertrou dat Hy die Een is wat in beheer van alle dinge is, en dat Hy oor jou hele lewe waak. Indien jy nie die oorvloedige lewe ervaar wat God gratis gee nie, is dit tyd vir 'n ommekeer. Keer terug na God en vra Hom om die areas in jou lewe te openbaar waar jy vertroue kortkom omdat 'n emosionele vesting ontstaan het. God wil jou leer hoe om verby jou verlede se hartseer te kyk — om jou lewe vanuit sy oogpunt te sien. Hy kan 'n wonderwerk voortbring uit dit wat soos 'n deurmekaarspul lyk.



Is daar emosies wat lyk asof hulle 'n houvas op jou lewe het? Is jy gereed om hulle aan God oor te gee?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

A U-Turn From Emotional Issues

Wanneer jou lewe uit voeling met die Woord van God is, sal jy met absolute sekerheid pynlike gevolge ervaar. Wanneer jou emosies handuit ruk en jou welstand begin bepaal, mag jy jouself in self-opgelegde tronke bevind wa...

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://tonyevans.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid