Leesplan inligting

Bybelondersoeker vir die Jongmens (Psalm – Deel 1)Voorbeeld

Bible Explorer for the Young (Psalm - Part 1)

DAG 2 VAN 19

Die Geheime Resep vir Geluk



Psalm 4:9 (AFR83)



Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want, Here, U alleen laat my veilig woon.



Almal wil in vrede en geluk lewe. Mense gebruik en kies hul eie manier om 'n gevoel van geluk te smaak. Daar is selfs duisende boeke wat skryf oor die resepte van geluk. Dit wys ons hoe dat geluk een van die belangrikste bestanddele van die lewe is.



Koning Dawid was iemand wat baie nou saam met God gewandel het. Hy het daarvan gehou om God te loof en Hom te aanbid. Hy het voor groot uitdagings in sy lewe te staan gekom, maar hy het gesê dat hy steeds in vrede kan gaan lê en slaap. Hy het die geheime resep vir ware geluk geken: Hy het sy hart en sy lewe vir God gegee. 



Dawid se geheime resep vir geluk is ook ons s'n. Die geheim vir ware geluk begin in jou hart. Gee jou hart aan God en laat Hom sy doel vir jou lewe vervul.



Siende dat God jou Skepper is, weet Hy sekerlik wat die beste vir jou is. Wanneer jy jou hart en lewe vir God gee, sal jou hart volmaakte vrede vind.



Gebed



Liewe Vader, ek wil dat u doel vir my lewe vervul word. Mag die smaak van geluk wat van U kom, altyd in my bly. Amen. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Bible Explorer for the Young (Psalm - Part 1)

Hierdie leesplan sal jong lesers daagliks deur die Bybel lei. Nuwe insig sal verkry word deur die bondige en kindervriendelike oordenking. Kinders sal verstaan dat elke deel van die Bybel betekenisvol en van toepassing i...

More

Baie dankie aan Bethany Church (Singapore) wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.bcs.org.sg/kidsdevotion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid