Leesplan inligting

Bybelondersoeker vir die Jongmens (Psalm – Deel 1)Voorbeeld

Bible Explorer for the Young (Psalm - Part 1)

DAG 6 VAN 19

Die Foutlose Woord van God



Psalm 12:7b (ABA)



Sy woorde is nie vals nie.



Die Bybel is die Woord van God. Die Bybel is meer as net feite en geskiedenis. Die Bybel is meer as 'n ensiklopedie. Die Bybel lei ons en leer ons met die wysheid van God vir ons daaglikse lewe. 



Net soos God se eienskappe, regverdig en heilig, is die Woord van God volmaak en foutloos. Deur die eeue heen is die Woord van God deur Homself, professors, Bybelkenners, en selfs geleerdes, bewys. Die Woord van God staan steeds vas. 



Dit gebeur dat ons nie ons woord en beloftes kan hou nie. Dit is egter nie die geval met die Woord van God nie. Die Woord van God is goed, rein en deeglik beproef. Die Woord van God is standvastig en verander nie van tyd tot tyd nie.



Ek en jy is so geseënd dat die Een wat die heelal geskape het, het ook vir ons die geskrewe Woord van God gegee. Dit is een van sy maniere om te wys hoe graag Hy ons beskerm en met ons wil kommunikeer. 



God wil hê dat jy die Bybel moet lees en glo asof Hy reg voor jou staan en van aangesig tot aangesig met jou praat. 



Gebed



Heilige Gees, skryf U woorde in my hart en gedagtes. Help my om my daaglikse lewe volgens U woorde te lei. 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Bible Explorer for the Young (Psalm - Part 1)

Hierdie leesplan sal jong lesers daagliks deur die Bybel lei. Nuwe insig sal verkry word deur die bondige en kindervriendelike oordenking. Kinders sal verstaan dat elke deel van die Bybel betekenisvol en van toepassing i...

More

Baie dankie aan Bethany Church (Singapore) wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.bcs.org.sg/kidsdevotion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid