Leesplan inligting

Bybelondersoeker vir die Jongmens (Psalm – Deel 1)Voorbeeld

Bible Explorer for the Young (Psalm - Part 1)

DAG 19 VAN 19

Wag saam met God



Psalm 40:2a (ABA)



Ek het aangehou wag dat die Here my moet help



Voordat jy die dokter in die kliniek kan sien, moet jy in die wagkamer sit en wag totdat jou nommer of naam geroep word, en jy die dokter kan sien. As jy nie geduldig is nie en besluit om die wagkamer en kliniek te verlaat, sal jy nie die regte behandeling en die medisyne kry nie, en jou siekte sal net erger word. Jy verbeur dan die geleentheid om te herstel en gesond te word, waaroor jy baie spyt gaan wees.



Om geduldig te wag, beteken om kalm te bly totdat die spesifieke gebeurtenis plaasvind. Wagspeletjies kan vervelig wees, maar God se tydsberekening is altyd die beste. 



Terwyl jy getrou op God wag, sal jou hoop groei. Wanneer jy hoop het, is dit maklik vir jou hart om pragtige lofprysing en aanbidding vir God te bring. Dis beter om geduldig op God te wag en geseën te wees met sy antwoord, as om jou eie vermoë te gebruik om 'n antwoord te vind waaroor jy spyt gaan wees.



Gebed



Liewe Vader, ek wag geduldig op u antwoord sodat ek die goedheid van u seëninge in my lewe kan ervaar. Dankie vir die hoop wat ek in U het. Amen. 


Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Bible Explorer for the Young (Psalm - Part 1)

Hierdie leesplan sal jong lesers daagliks deur die Bybel lei. Nuwe insig sal verkry word deur die bondige en kindervriendelike oordenking. Kinders sal verstaan dat elke deel van die Bybel betekenisvol en van toepassing i...

More

Baie dankie aan Bethany Church (Singapore) wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.bcs.org.sg/kidsdevotion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid