Leesplan inligting

Die Bybel vir Almal: Hoe om vir Bybelvertaling te BidVoorbeeld

The Bible for All: How to Pray for Bible Translation

DAG 3 VAN 5


  



Ewige Voedsel


Die mens leef nie net van brood nie. 


Jesus se prioriteite was altyd reg. Hy het geweet om die Woord van God van waarde te ag, is 'n groter prioriteit as om kos te eet. Daar is baie plekke in die Bybel waar die Woord van God met voedsel verbind word. Dink aan die profeet, Esegiël wat letterlik 'n boekrol uit die Bybel geëet het! (Esegiël 3:3). Hoe het dit vir hom gesmaak? 


Dit "was soet soos heuning in my mond"! 



Psalm 119 is 'n meesterstuk om te wys hoe vullend die Woord van God werklik is. Om vir Bybelvertaling te bid is soos om teen die geestelike honger te bid van diegene wat sonder die Bybel is en tans vir die Woord van God uitgehonger is. Jou gebede onderhou die werk van Bybelvertaling wat ware geestelike voedsel aan miljoene mense verskaf … van geslag tot geslag! 



Bybelgewoonte #3: Bid voor jy eet. 


Jy ken waarskynlik die klassieke en eenvoudige gebed voor maaltye: "Seën die hande wat die voedsel voorberei het." Vandag se oordenking het aan ons die figuurlike en letterlike maniere gewys hoe voedsel en die Skrif verbind is. Begin vandag met die gebedsgewoonte voor elke maaltyd om vir die "hande" te bid wat die "maaltyd" van Bybelvertaling voorberei. Bid voordat jy eet vir die Bybelvertalers regoor die wêreld, nederige en heroïese vroue en manne, wat hul lewens daaraan wy sodat volke die Bybel in hul hartstaal kan hê. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Bible for All: How to Pray for Bible Translation

Op watter manier het die Bybel jou lewe verander? Wanneer die lewe ons onderkry kan ons in die Woord rigting en troos vind. Wat as die Bybel egter nie in ons taal beskikbaar is nie? Dit is vandag die realiteit vir een mi...

More

Ons wil graag vir YWAM Kona bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek http://www.seedcompany.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid