Leesplan inligting

Die Bybel vir Almal: Hoe om vir Bybelvertaling te BidVoorbeeld

The Bible for All: How to Pray for Bible Translation

DAG 1 VAN 5

  


Die Bybel vir Almal 



Die Skrif neem ons na Jesus wat die outeur van ons ewige lewe is. 


Elke mens word diep getref deur Johannes 5:39. Ons word almal onkant betrap omdat ons liefde op die verkeerde plekke soek. Op een of ander tyd in ons lewens, kom ons tot die besef dat niks op hierdie aarde, behalwe Jesus, ons tevrede sal stel nie. Ons sien in Johannes 5:39, dat ons selfs die fout kan maak om te dink dat ons die ewige lewe deur die Bybel sal kry. 



Dit sal nie gebeur nie. 


Alleenlik Jesus kan ons die ewige lewe gee. 


Kyk noukeurig na wat Jesus wel sê: "En dit is juis die Skrif wat oor My getuig!" Waarom bid ons dan vir Bybelvertaling? Ons kry 'n pragtige antwoord deur 'n onlangse verklaring deur 'n groep mense in Afrika wat die Bybel vir die eerste keer in hul eie taal ontvang het: "Jesus is nou een van ons." 



Bybelvertaling herskep lewens omdat Jesus vir elke gemeenskap op aarde die einddoel is. Johannes 1:1 sê duidelik: "die Woord was self God" en ons leer Hom ken deur die Woord — die Bybel. 



Gebedsgewoonte #1: Bid voordat jy die Bybel lees. 


Begin om die gewoonte aan te leer om voordat jy die Bybel lees, eers stil te raak en te bid dat ALLE mense op aarde die Bybel in hul eie taal sal hê. Kyk na die video as inspirasie vir jou gebede vir die wêreldwye bediening vir Bybelvertaling. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Bible for All: How to Pray for Bible Translation

Op watter manier het die Bybel jou lewe verander? Wanneer die lewe ons onderkry kan ons in die Woord rigting en troos vind. Wat as die Bybel egter nie in ons taal beskikbaar is nie? Dit is vandag die realiteit vir een mi...

More

Ons wil graag vir YWAM Kona bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek http://www.seedcompany.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid