Leesplan inligting

Die Bybel vir Almal: Hoe om vir Bybelvertaling te BidVoorbeeld

The Bible for All: How to Pray for Bible Translation

DAG 2 VAN 5


  


Die Lewensasem


Die Woord van God maak meer saak as die lug wat ons inasem. 



Het jy al ooit daaraan gedink hoe broos die menslike liggaam is? Die wetenskap het bewys, as die menslike liggaam nie kan asemhaal nie, dit binne 'n paar minute heeltemal tot stilstand kom. Binne slegs 'n paar minute kan alles verby wees.



Of is dit alles? 


Dit is nie die geval as ons die belofte van die ewige lewe in die Bybel glo nie: "As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word" (Romeine 10:9). God begeer: "dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom" (1 Timoteus 2:4). 



Tans is meer as 2 000 groepe mense nog sonder toegang tot die boodskap van God se verlossing en liefde. 


As jou hart breek vir dit wat God se hart breek, kan jy help om hierdie getal te verander. "... want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons ..." (Handelinge 17:28). Jy is een van dié wat die wêreld verander omdat die Gees van die Skepper van die wêreld in jou woon! 



Gebedsgewoonte #2: Bid 'n asem-gebed. 


Skep 'n asem-gebed om die ewige werk van Bybelvertaling te beïnvloed — 'n baie kort gebed wat jy in 'n asemteug deur die loop van die dag kan bid. Gebruik jou asem in hierdie kort lewe om te verskaf wat meer saak maak as ons asems: die Woord van God. 'n Voorbeeld van so 'n gewilde asem-gebed vir Bybelvertaling is: "Jesus, U is die begeerte van alle volke. Bespoedig en bemagtig die beweging vir Bybelvertaling. Red alle volke uit die duisternis met die lig van u Woord." Kyk na die video vir verdere aanmoediging om vir die 89 lande te bid wat nog slegs een groep mense het wat sonder 'n Bybel is. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Bible for All: How to Pray for Bible Translation

Op watter manier het die Bybel jou lewe verander? Wanneer die lewe ons onderkry kan ons in die Woord rigting en troos vind. Wat as die Bybel egter nie in ons taal beskikbaar is nie? Dit is vandag die realiteit vir een mi...

More

Ons wil graag vir YWAM Kona bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek http://www.seedcompany.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid