Leesplan inligting

In die skadu van die AllerhoogsteVoorbeeld

In die skadu van die Allerhoogste

DAG 6 VAN 7

Vrylating vir die gevangenes 


Jesus het sy bediening hier op aarde begin deur Jesaja se profesieë oor die beloofde Messias aan te haal (Luk. 4:18-19). Toe Hy daar in die sinagoge gestaan en hierdie vers aangehaal het, sou sy Joodse gehoor onmiddellik geweet het Hy verklaar dat Hy die Messias is. Net God self kan die gevangenes vrylaat en lig in die duisternis bring. 


Hierdie beloftes geld vir almal wat in Jesus glo, wat in hulle harte verklaar dat Hy God is. Ons word bevry uit die tronk van sonde, die dood en ons eie ek. Ons ontvang die lig van die lewe. Ons is God se skape, dié wat Hy voed in groen weivelde en verkwik met die lewende water. Die deernisvolle genade van God wat in hierdie vers beskryf word, is ook vir ons. 


Watter een van hierdie beloftes het jy vandag nodig? Voel jy vasgevang in jou sonde, twyfel of wanhoop? God sê: “Stap uit in vryheid.” Is jy in die duisternis, onseker oor wat jy moet doen of wat jy moet glo? God sê: “Kom stap tot in die lig.” Is jy honger en dors? God sal jou lei na groen weivelde en waters waar rus is. Voel jy geskroei deur die son? God is jou skaduwee. Rus in die genade van God en laat Hy jou dors met sy koel water les. 


Die Here is my herder; daar is niks wat my ontbreek nie. (Psalm 23:1)

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

In die skadu van die Allerhoogste

Die Allerhoogste bied vir jou sy genade en barmhartigheid aan. Hy wil na jou luister, met jou praat en in jou hart werk. Dit is so ’n groot aanbod: Genade om jou te help wanneer jy dit die nodigste het. Jy kan vandag op ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid