Leesplan inligting

In die skadu van die AllerhoogsteVoorbeeld

In die skadu van die Allerhoogste

DAG 3 VAN 7

Genade vir elke nuwe dag  


Jeremia, wat bekend was as “die huilende profeet” as gevolg van al die slegte dinge wat met hom gebeur het en weens al die slegte dinge wat hy vir God se volk moes voorspel, het dit gewaag om te hoop. Voel hoop nie dikwels só nie: Asof dit ’n dapperheid van ons verg wat nie baie mense het nie? Of dalk asof dit iets so buitensporig is dat ons nie heeltemal wil waag om dit te doen nie? 


Hier sien ons die een rede waarom ons dit maar kan waag om te hoop, en hierdie een rede is nie regtig so ’n groot uitdaging nie: God se troue liefde en genade.  God se troue liefde sal nooit opraak nie; ons kan nooit die einde daarvan bereik nie. Deur alle tye heen, geslag ná geslag, elke oggend, is sy genade nuut. Daar sal nooit ’n einde aan sy genade kom nie. Elke nuwe dag, elke nuwe oomblik, bied God aan ons genade op genade aan. 


Om op hierdie God te hoop is nie ’n groot waagstuk nie. Eintlik is dit die sinvolste en wysste ding wat ons ooit kan kies om te doen. Bou jou lewe op die getroue liefde van God. Met sy getroue genade sal Hy jou dra deur elke  blydskap en elke beproewing, deur elke oomblik van swakheid, selfs al doen jy sonde. Jy kan daarop staatmaak. 


U, Here, is barmhartig en genadig, U is stadig om kwaad te word, vol liefde en trou. (Psalm 86:15)

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

In die skadu van die Allerhoogste

Die Allerhoogste bied vir jou sy genade en barmhartigheid aan. Hy wil na jou luister, met jou praat en in jou hart werk. Dit is so ’n groot aanbod: Genade om jou te help wanneer jy dit die nodigste het. Jy kan vandag op ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid