Leesplan inligting

In die skadu van die AllerhoogsteVoorbeeld

In die skadu van die Allerhoogste

DAG 4 VAN 7

Berou en belydenis 


Soms help dit om ’n vers op sy kop te keer om in te sien waaroor dit werklik gaan. Die belofte? Genade – deernis en verdraagsaamheid van die heilige God, ongeag hoe skreiend ons sonde is. Die voorvereiste? Berou en belydenis. Ons kan nie toegang kry tot God se genade voordat ons erken dat wat ons gedoen het sy heiligheid geskend het nie, voordat ons ons in ons harte voorgeneem het om van ons sonde af weg te draai nie. 


Die waarskuwing? Om ons sonde weg te steek sal net nie werk nie. Aan die een kant word ons sonde gewoonlik blootgelê. God sal nie toelaat dat ons in ons ellende voortploeter nie; in sy genade sal Hy ons sonde aan die lig bring sodat ons vergifnis kan vind. Aan die ander kant het sonde ’n manier om so swaar op ons te kom lê dat dit, selfs al word dit nie oopgevlek nie, ons van binne af verteer totdat ons dit uiteindelik moet bely. Die psalmdigter beskryf hierdie gevoel as sy liggaam wat weggekwyn het (Ps. 32). Weer is dit God wat genade aan ons bewys. Sonde is so afbrekend en God het ons so lief dat Hy ons bly soek totdat ons ons sonde laat staan. 


Wanneer laas het jy tyd by God deurgebring om jou sonde te bely? Doen dit vandag. Dit is so bevrydend, en jy sal die diepte van God se vergifnis en liefde eers ten volle kan ervaar wanneer jy dit doen. 


As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is. (1 Johannes 1:9)

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

In die skadu van die Allerhoogste

Die Allerhoogste bied vir jou sy genade en barmhartigheid aan. Hy wil na jou luister, met jou praat en in jou hart werk. Dit is so ’n groot aanbod: Genade om jou te help wanneer jy dit die nodigste het. Jy kan vandag op ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid