Leesplan inligting

Die Bybel vir Almal: God se Sendingopdrag vir OnsVoorbeeld

The Bible for All: God's Mission for Us

DAG 6 VAN 7

“… sodat u werke bekend kan word oor die aarde, u reddende krag onder al die nasies”   Psalm 67:3 (NLV). 



God is 'n wêreldwye God. Hy het nog altyd omgegee vir die hele wêreld. "God het die wêreld so liefgehad" (Johannes 3:16). Van die begin af wou Hy familielede hê uit elke nasie wat Hy geskep het. Die Bybel sê: "Uit een mens het Hy elke nasie van die mensdom gemaak, om oor die hele aarde te woon. Hy het die tye van hulle bestaan bepaal, en die grense van hulle blyplek" (Handelinge 17:26).



God het dit alles gedoen, sodat ons na Hom sal soek en uitreik en Hom vind.



'n Groot deel van die wêreld dink reeds wêreldwyd. Die grootste media- en sakeondernemings is almal multinasionaal. Ons lewens word toenemend verweef met diegene in ander lande terwyl ons modes, vermaak, musiek, sport en selfs kitskosse deel. Waarskynlik is die meeste klere wat jy dra, en baie van wat jy vandag geëet het, in 'n ander land vervaardig.



Jesus het gesê: “Dan sal julle my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot by die einde van die wêreld" (Handelinge 1:8b ABA). 



Wat is 'n getuie? Dis eenvoudig. 'n Getuie is iemand wat sy of haar verhaal vertel. 'n Getuie sê net: “Dit is wat ek gesien het. Dit is wat ek gehoor het. Dit is wat met my gebeur het.” Niemand anders kan jou verhaal vertel nie. Jy het geen spesiale opleiding nodig om dit te doen nie. Vertel net vir mense wat Jesus in jou lewe gedoen het. 



Toe Jesus gesê het dat sy dissipels sy getuies in Jerusalem, Judea, Samaria en die uithoeke van die wêreld sou wees, hoe het Hy bedoel dat dit op ons van toepassing moet wees? Die antwoord is, Hy het 'n plan van toenemende invloed uiteengesit. Sy volgelinge moet uitreik na hulle gemeenskap (Jerusalem), na hulle land (Judea), na ander kulture (Samaria) en na ander nasies (oral in die wêreld). Let daarop dat Hy gesê het  "en" nie "dan" nie — Jerusalem EN Judea EN Samaria EN die eindes van die aarde. Ons opdrag is gelyktydig, nie opeenvolgend nie.



Ons word geroep om op een of ander manier op 'n missie na al vier hierdie groepe te wees. Hoe sou jy hierdie groepe in jou gemeenskap identifiseer? Watter nasies glo jy het God jou geroep om in een of ander vorm te dien? 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The Bible for All: God's Mission for Us

Geniet pastoor Rick Warren se inspirerende 7-dag oordenking oor wat die Bybel oor jou plek in die Sendingopdrag sê.

Ons wil graag vir YWAM Kona bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek http://www.finishingthetask.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid