Leesplan inligting

Die Bybel vir Almal: God se Sendingopdrag vir OnsVoorbeeld

The Bible for All: God's Mission for Us

DAG 4 VAN 7

“Hy het vir hulle gesê: 'Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom'" Markus 16:15 (NLV).



Die Sendingopdrag is jou opdrag, en dit beteken dat jy 'n kritieke keuse het om te maak: Jy sal óf 'n wêreldklas Christen óf 'n wêreldse Christen wees.



Wêreldse Christene kyk hoofsaaklik na God vir persoonlike vervulling. Hulle is gered, maar selfgesentreerd. Hulle woon konserte en verryking seminare by, maar jy vind hulle selde by 'n sendingwerk konferensie omdat hulle nie belangstel nie. Hulle gebede fokus op hulle eie behoeftes, seëninge en geluk. Dit is 'n "ek-eerste" geloof: Hoe kan God my lewe gemakliker maak? Hulle wil God gebruik vir hulle doeleindes — in plaas daarvan om vir sy doel gebruik te word.



Wêreldklas Christene, daarenteen, weet dat hulle gered is om te dien en gemaak is vir 'n missie. Hulle is gretig om 'n persoonlike taak te ontvang en opgewonde oor die voorreg om deur God gebruik te word. Wêreldklas Christene is die enigste ten volle lewende mense op die planeet. Hulle vreugde, selfvertroue en entoesiasme is aansteeklik omdat hulle weet hulle maak 'n verskil. Hulle word elke oggend wakker en verwag dat God op vars maniere deur hulle sal werk.



Watter tipe Christen wil jy wees? 



God nooi jou uit om aan die omvangrykste, grootste, mees diverse en betekenisvolste gebeurtenis in die geskiedenis — sy koninkryk — deel te neem. Geskiedenis is sy verhaal. Hy bou sy familie vir die ewigheid. Niks is belangriker nie, en niks sal vir so lank duur nie.



Uit die boek Die Openbaring weet ons dat God se wêreldwye missie verwesenlik sal word. Eendag sal die Sendingopdrag die Sending Voltooiing wees. In die hemel sal 'n enorme skare mense uit "elke nasie, stam, volk en taal" (Die Openbaring 7:9) eendag voor Jesus Christus staan om hom te aanbid. Om as 'n wêreldklas Christen betrokke te raak, sal jou toelaat om vooraf 'n bietjie te ervaar van hoe die hemel gaan wees.



Toe Jesus vir sy volgelinge gesê het om "uit te gaan in die wêreld in en die evangelie aan die hele mensdom te verkondig", was daardie klein groepie arm, Midde-Oosterse dissipels oorweldig. Was hulle veronderstel om te stap of op stadige diere te ry? Dit is al wat hulle gehad het vir vervoer, en daar was geen skepe wat die oseaan kon oorkruis nie, daar was werklike fisieke hindernisse om na die hele wêreld te gaan.



Deesdae, met die internet, het die wêreld nog kleiner geword. Benewens telefone en fakse, kan enige gelowige met internettoegang persoonlik met mense in feitlik elke land op aarde kommunikeer. Die hele wêreld is tot jou beskikking, dit was nog nooit vir jou so maklik om jou opdrag uit te voer om na die hele wêreld te gaan nie. Die groot hindernisse is nie meer afstand, koste of vervoer nie. Die Sendingopdrag is jou opdrag, en om jou deel te doen is die geheim om 'n betekenisvolle lewe te leef. 



Beoordeel jouself -- Op grond van jou huidige posisie, hoe kan jy die volgende vrae met selfvertroue beantwoord?



My gedrag, gedagtes en gebede dui daarop dat ek vir God se doeleindes gebruik wil word, nie net vir my eie nie.



Ek weet ek is vir 'n missie in hierdie wêreld geskep.



Ek maak 'n verskil in hierdie wêreld. 



Ek het die Sendingopdrag my opdrag gemaak.



Bid oor gebiede waar jy voel jy sukkel met twyfel en vra God om vir jou 'n hart vir die verlorenes te gee.





Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Bible for All: God's Mission for Us

Geniet pastoor Rick Warren se inspirerende 7-dag oordenking oor wat die Bybel oor jou plek in die Sendingopdrag sê.

Ons wil graag vir YWAM Kona bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek http://www.finishingthetask.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid