Leesplan inligting

Die Bybel vir Almal: God se Sendingopdrag vir OnsVoorbeeld

The Bible for All: God's Mission for Us

DAG 5 VAN 7

  



“Net soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur” (Johannes 17:18 NLV).



As jy 'n volgeling van Jesus Christus is, het God vir jou 'n missie in hierdie wêreld gegee. Jy is nie hier om net plek op te neem nie; jy is nie hier om net na jou eie persoonlike doelwitte te streef nie.



Jy het 'n opdrag van God self. Jou lewe verander sodra jy deel van die familie word. Jy het 'n nuwe rede om te lewe. Jou lewe gaan nie meer oor jouself nie; dit gaan oor God se opdrag.



Jou missie pas ook in by God se missie vir die hele geskiedenis. God het alles in die heelal geskep omdat hy 'n familie wou hê. Hy het nie die aarde nodig gehad nie. Hy het nie die ander planete nodig gehad nie. Hy het nie die sterre nodig gehad nie. Hy het dit alles geskep omdat hy geweet het dat sommige van ons gewillig sou kies om deel van sy familie te wees.



Die missie wat God vir Jesus gegee het, gee Hy nou aan die liggaam van Christus — die kerk. Hy wil hê ons moet help om ander mense in sy familie in te bring. Jesus het dit so gestel: “Net soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur” (Johannes 17:18 NLV).



Wanneer ons Jesus ken, moet ons gaan! Ons moet ons vriende en gesinne van hom vertel. Ons kan egter nie daar ophou nie. God het nog nooit iemand geskep wat hy nie wil red nie. Hy het almal lief — oor die hele wêreld.



Dit is God se plan vir die wêreld. Dit is sy missie vir jou. Hy wil hê almal op aarde moet hom ken. En Hy wil jou gebruik om dit te sien gebeur. God het dit nie net vir sendelinge of herders gesê nie. As jy in sy familie is, het hy sy missie aan jou gegee! 



Oorweeg …



- Is dit moontlik dat jy die manier waarop jy leef moet verander om God se plan te volg? Indien wel, wat sal dit behels?



- Hoe kan jy op 'n missie saam met God regoor die wêreld wees, selfs al het God jou geroep om in jou tuisdorp te woon?



- Het jy vrese of bedenkinge wanneer jy dink aan die missie wat God jou gegee het? Neem nou tyd om te bid en vra God om jou moed, onderskeidingsvermoë en genade te gee terwyl jy op sy krag staatmaak om jou taak te voltooi.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Bible for All: God's Mission for Us

Geniet pastoor Rick Warren se inspirerende 7-dag oordenking oor wat die Bybel oor jou plek in die Sendingopdrag sê.

Ons wil graag vir YWAM Kona bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek http://www.finishingthetask.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid