Leesplan inligting

Wapens van OorlogvoeringVoorbeeld

Weapons of Warfare

DAG 3 VAN 5

Nog 'n kragtige geestelike wapen is die "Naam van Jesus." Nie net is die Here se Naam 'n magtige toring van verdediging nie, maar dit is ook soos ons geestelike wagwoord in gebed. Jesus het sy volgelinge opdrag gegee om in “sy Naam” tot die Vader te bid (Johannes 16:23). 



Ons word deur sy Naam gered, “Hý bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie” (Handelinge 4:12). Ons word ook in sy Naam gedoop (Handelinge 2:38). Die Joodse Raad het gehoor van die wonderwerke en tekens wat in sy magtige Naam gedoen is: "onmiskenbare wonder deur hulle plaasgevind het" (Handelinge 4:16 AFR83).



Toe 'n jong Dawid teen Goliat geveg het, het hy gespog dat hy teen die reus te staan gekom het, nie met fisiese wapens nie, maar in die Naam van sy God. “Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jý kom na my toe met 'n dolk en 'n spies en 'n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het” (1 Samuel 17:45). 



Die jong Dawid het geweet dat die Naam van die Here 'n magtige geestelike wapen in die geestelike sfeer is. Die donker geestelike wêreld ken die krag en gesag van die Naam van Jesus en hulle bewe. “Die volgende wondertekens sal voorkom by dié wat glo: in my Naam sal hulle bose geeste uitdrywe; in ander tale sal hulle praat” (Markus 16:17). 



Hierdie dinamiese geestelike gesag is in die Naam van ons Here Jesus Christus. “Dít verseker ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen  en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.  Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek [Jesus] doen sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word" (Johannes 14:12,13). 



Sy Naam is 'n kragtige wapen, want dit verteenwoordig alles wat Jesus bereik het, beide in die natuurlike sfeer hier op aarde asook as in die geestelike wêreld.  Wanneer jy “die Naam van Jesus” met geloof verklaar, is dit asof Jesus self die siekes genees, bose geeste uitdryf en die dooies opwek.  “Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig" (Filippense 2:9,10).


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Weapons of Warfare

Geestelike oorlogvoering word met geestelike wapens gewen. Op die grond is slange kragtig en dodelik, maar in die lug is hulle swak, nutteloos en kwesbaar. Wanneer 'n arend met 'n slang in die lug opvlieg, verander alles...

More

Ons wil graag vir Vladimir Savchuk bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.vladimirsavchuk.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid