Leesplan inligting

Wapens van OorlogvoeringVoorbeeld

Weapons of Warfare

DAG 2 VAN 5

Ek wil die krag beklemtoon wat deur vas vrygestel word. Dit is een van die wapens wat koningin Ester gebruik het. Almal van belang in die Bybel het gevas: Moses, Dawid, Elia, Ester, Daniël, Anna, Paulus en Jesus, om net 'n paar te noem. Toe Jesus ons oor vas onderrig het, het Hy gesê: "Wanneer jy vas" nie "as jy vas nie." Hy het aangeneem dat ons almal sou vas. 



Ons is geskape om te vas. Dink daaraan: as jy elke aand agt ure slaap, dan slaap jy een derde van jou leeftyd. As jy ongeveer vyf-en-sewentig jaar leef, is dit vyf-en-twintig jaar of 9 125 dae wat jy slaap. As jy slaap, vas jy en dit is waarvandaan die Engelse woord "breakfast" sy oorsprong het — om jou vas te breek. 



Geestelike vas is bloot om ons vir geestelike redes van voedsel te weerhou. 



Vas is die Bybelse manier om onsself te verootmoedig (Psalm 35:13; 69:11 AFR83). Vas help ons om die ellende van die lewe te oorkom. Esra het byvoorbeeld gevas ter wille van beskerming (Esra 8:21-28). Koning Josafat het gevas toe die bondgenote, Kanaäniete en Siriërs, se leërs Israel binnegeval het (2 Kronieke 20:3). 



Ons honger na die teenwoordigheid van God word ook deur vas vernuwe. 



Nog 'n voordeel van vas is dat dit ons bemagtig om God se roeping vir ons lewe te vervul. Die meeste van die Ou Testamentiese mense het gedurende 'n krisis gevas. Ons moet egter nie net vas wanneer ons probleme het nie, maar ook vir 'n doel. Anna het voortdurend gevas vir die koms van die verlossing van Israel (Lukas 2:37). Moenie wag dat probleme eers opduik voordat jy vas nie, maar vas tydens probleme. Dit is 'n goeie manier om onsself voor God te verootmoedig. Vas moet 'n normale lewenstyl wees. 



Nog 'n rede om te vas, is ter wille geestelike oorwinning. Of jy nou bevryding soek, of elke dag in oorwinning wil lewe, jy kan 'n leefstyl van vas ontwikkel. Vas sal nie vir God beweeg nie; dit beweeg ons net in sy geestelike sfeer. 



Vas en gebed is noodsaaklike wapens wat jy moet gebruik om oorwinning te behaal. In plaas daarvan om net die simptome van probleme te hanteer, kan jy hierdie kragtige hulpmiddels gebruik om die wortel van geestelike probleme en konflik te verwyder. Moenie net die simptome hanteer nie; maak die wortels dood.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Weapons of Warfare

Geestelike oorlogvoering word met geestelike wapens gewen. Op die grond is slange kragtig en dodelik, maar in die lug is hulle swak, nutteloos en kwesbaar. Wanneer 'n arend met 'n slang in die lug opvlieg, verander alles...

More

Ons wil graag vir Vladimir Savchuk bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.vladimirsavchuk.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid