Leesplan inligting

Jou Eerste TreëVoorbeeld

Your First Steps

DAG 4 VAN 5

VERGEWE



Die besluit om Jesus te volg, bring jou nie net op 'n heeltemal nuwe lewenspad nie; dit beteken ook dat God nie jou verlede teen jou hou nie. Eenvoudig gestel, Hy vergewe jou.



Om vergewe te word is so 'n bevrydende ervaring. Om sonder skaamte en berou te leef, beteken om te kan leef vanuit 'n ligte en gemaklike hart.



Die beste hiervan is: jy hoef nie God se vergifnis te verdien nie; Hy gee dit sonder voorbehoud.



Daar is egter twee vereistes om vergifnis te ontvang.




  1. Jy moet in nederigheid erken dat jy vergifnis nodig het.

  2. Jy moet ander vergewe.


Ons kan nie self onverdiende genade ontvang, maar steeds 'n wrok teen ander koester nie. Om self vergewe te wees, beteken om ook die vryheid te hê om ander te vergewe. Jy hoef nie meer van onreg telling te hou nie. God het jou telkaart van oortredings skoongemaak en Hy gee jou die opdrag om dieselfde vir ander te doen.



Hoe gouer jy kies om te vergewe, hoe gouer sal jy vryheid ervaar. Wees soos Jesus: Hy het jou vergewe, vergewe jy nou ander.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Your First Steps

Jy het die besluit geneem om Jesus te volg, wat nou? Hierdie leesplan is nie 'n volledige lys van alles wat met hierdie besluit gepaardgaan nie, maar dit sal jou help om die eerste treë te gee.

Ons bedank SoCal Youth Ministries - AG wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://youth.socalnetwork.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid