Leesplan inligting

Jou Eerste TreëVoorbeeld

Your First Steps

DAG 1 VAN 5

NUUT



In my graad vier jaar, was ek 'n finalis in 'n skool-wye geografie kompetisie. Dis reg, my skool het 'n minder glansryke weergawe van die bekende spel-kompetisie gehad. Ek was onder die top drie. Toe breek die oomblik vir my vraag aan. Die moeilikste vraag wat ek al daardie dag moes beantwoord.



En ek het dit verkeerd beantwoord.



Wat selfs nog erger was, was dat ek wel die antwoorde op die volgende twee vrae geken het, die vrae wat bepaal het wie in die eerste en tweede plekke sou eindig. As die vrae net in 'n effe ander volgorde gevra was, sou ek kon wen.



Ek wou nog nooit so graag 'n tweede geleentheid gehad het soos daardie dag nie.



Deur te kies om Jesus te volg, kry jy meer as 'n tweede kans en kry jy 'n heeltemal nuwe lewe.



Wanneer jy kies om Hom te volg, vervaag jou ou lewe en 'n nuwe lewe begin.



Nie net 'n tweede kans nie — 'n nuwe lewe.



Beteken dit dat jy nie die nagevolge van jou vorige besluite hoef te hanteer nie? Nee, maar dit beteken wel dat 'n nuwe weergawe van jou, met 'n heeltemal nuwe aard, nou die geleentheid het om vorentoe te beweeg.



Deur die eerste treë te neem om Jesus te volg, word jy 'n heeltemal nuwe mens. Gryp jou nuwe identiteit aan, vier jou nuwe lewe en gebruik dit om aan die wêreld te wys dat Jesus beter as 'n tweede geleentheid is.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Your First Steps

Jy het die besluit geneem om Jesus te volg, wat nou? Hierdie leesplan is nie 'n volledige lys van alles wat met hierdie besluit gepaardgaan nie, maar dit sal jou help om die eerste treë te gee.

Ons bedank SoCal Youth Ministries - AG wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://youth.socalnetwork.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid