Leesplan inligting

Jou Eerste TreëVoorbeeld

Your First Steps

DAG 2 VAN 5

BID



Ek het een keer 'n wiskunde vak geneem waar ons algoritmes en kodering bespreek het. Wanneer jy 'n rekenaar programmeer, moet jy uiters spesifiek wees. Om ons te help om die begrip te verstaan, het die fasiliteerder opdrag gegee dat die klas stap-vir-stap moes verduidelik hoe om 'n grondboontjiebotter en stroop toebroodjie te maak.



Om te slaag, moes ons die proses in 'n pynlike hoeveelheid besonderhede beskryf ...



Maak die grondboontjiebotter houer oop.



Plaas die deksel op die toonbank langs die grondboontjiebotter houer.



Tel die bottermes op.



Druk die punt van die bottermes in die oop grondboontjiebotter houer.



Ens., ens., ens.



Die maak van 'n toebroodjie behoort nie so ingewikkeld te wees nie!



Soms maak ons gebed ook onnodig ingewikkeld. Wanneer jy Jesus volg, gaan gebed 'n gereelde deel van jou lewe word, nie vanweë godsdienstige plig nie, maar as gevolg van wat gebed in werklikheid is.



Gebed is kommunikasie; dit is om tyd te neem om die dinge wat jy ervaar (eerlik) teenoor God uit te druk.



Gebed is nadenke; dit is om stil te wees en aandag te gee aan die verskeie maniere waarop God in jou lewe praat en werk.



Gebed is dankbaarheid; dit is om dankbaar te wees vir die lewe wat God jou gegee het.



Gebed is oriëntering; dit is om jou lewe in te rig om dié dinge wat God behaag eerder as jou eie begeertes.



Moet dit nie ingewikkeld maak nie; maak dit opreg. Gebed hoef nie lank te neem nie, maar hoe meer gereeld jy dit beoefen, hoe meer gereeld sal jy begin om tyd met God te begeer.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Your First Steps

Jy het die besluit geneem om Jesus te volg, wat nou? Hierdie leesplan is nie 'n volledige lys van alles wat met hierdie besluit gepaardgaan nie, maar dit sal jou help om die eerste treë te gee.

Ons bedank SoCal Youth Ministries - AG wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://youth.socalnetwork.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid