Leesplan inligting

Die Bybel Het Wát Gesê?Voorbeeld

The Bible Said What?

DAG 5 VAN 5

Die Dissipel Vir Wie Jesus Baie Lief Was



Daar word geglo dat die skrywer van die Johannes evangelie dieselfde Johannes is wat een van Jesus se eerste dissipels was. Alhoewel sy naam in die ander evangelies van Matteus, Markus en Lukas genoem word, word dit nie eintlik in die evangelie van Johannes genoem nie. In plaas daarvan verwys hy in Johannes 13:23 na homself in die derde persoon met die bynaam: Die Dissipel Vir Wie Jesus Baie Lief Was." In ander vertalings word hy ook "Die Geliefde Dissipel" genoem.



Hoekom het Johannes nie sy eie naam genoem nie? Was hy egosentries deur na homself te verwys as iemand vir wie Jesus lief was? Beteken dit dat Jesus vir Johannes die liefste gehad het en 'n tweederangse liefde vir die ander 11 dissipels gevoel het? Iets om van kennis te neem, is dat Johannes nie net na homself verwys het as "die dissipel vir wie Jesus baie lief was nie", hy het ook net gewoon na homself in die derde persoon verwys. In Johannes 20 het hy homself net "die ander dissipel" genoem. Ons weet nie vir seker nie, maar geleerdes en teoloë het 'n bietjie insig in Johannes se keuses. 



Eerstens, mag die feit dat Johannes se naam glad nie in die hele boek Johannes genoem word nie, ons lei om te glo dat hy anoniem wou bly. Hy wou waarskynlik nie hê dat mense op hom fokus nie, maar op die Verlosser van die wêreld en wat Hy vir die mensdom gedoen het. As Johannes se begeerte werklik was om so anoniem as moontlik te wees, dan sou die bynaam "die dissipel vir wie Jesus baie lief was" in ooreenstemming met hierdie gedagte wees. Mense mag deur die eeue heen gewonder het wie die skrywer van Johannes was, en as dit die geval is, het hy sy doel bereik. 



Tweedens, hoe Johannes na homself in sy destydse samelewing verwys het, kom heel waarskynlik nie dieselfde oor as in ons huidige samelewing nie. Wanneer hy na homself verwys as "die dissipel vir wie Jesus baie lief was," mag hy dalk juis die lewensveranderende krag van Jesus en hoe Hy sy lewe verander het, beklemtoon. Kyk so daarna: daardie bynaam sou vir ons soortgelyk wees as om onsself 'n bynaam te gee wat oor God se liefde vir ons gaan, soos "begunstig deur God" of "gekoester deur God." Of ons mag selfs onsself 'n "kind van God" noem, maar bedoel glad nie dat ander nie ook begunstig, gekoester, of kinders van God is nie. 



Uiteindelik kan ons weet dat Jesus elke liewe mens op die aarde liefhet. Hy het aarde toe gekom, 'n dood gesterf wat óns verdien het, en uit die graf opgestaan sodat ons die ewigheid saam met ons Vader in die hemel kan deurbring en geniet. 


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Bible Said What?

As jy al ooit vrae oor die Bybel gehad het, is jy in goeie geselskap! Ons was al almal daar. Soms kan dele van die Bybel regtig verwarrend wees. In hierdie leesplan sal ons sommige Skrifgedeeltes bespreek wat moeilik kan...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid