Leesplan inligting

Die Bybel Het Wát Gesê?Voorbeeld

The Bible Said What?

DAG 3 VAN 5

Ananias en Saffira



Handelinge 5 begin met 'n verhaal wat vir ons regtig moeilik is om te lees en te verwerk. 'n Man genaamd Ananias en sy vrou, Saffira, het eiendom verkoop, maar 'n deel daarvan vir hulleself gehou voordat hulle die res "aan die apostels se voete" neergesit het.



Op 'n manier het Petrus uitgevind wat Ananias gedoen het en het hom daaroor gekonfronteer. Petrus het gesê: “Ananias, hoekom het jy jou deur die Satan laat omhaal … " Hy het ook vir hom gesê dat dit sy geld was om te gebruik soos hy wou. Dit kom voor dat Petrus minder omgegee het oor die geld wat teruggehou is, want hy het werklik op God vertrou om te voorsien, maar meer oor Ananias en Saffira se oneerlikheid. 



Net na die konfrontasie het Ananias op die plek dood neergeslaan. Asof dít nie erg genoeg was nie, het Saffira na 'n paar uur opgedaag en was onbewus van wat met haar man gebeur het. Petrus het haar ook daaroor gekonfronteer en sy is ook op die plek dood. Hulle dood het groot vrees by die mense ingeboesem.



Wat 'n intense Skrifgedeelte! Dit voel asof die "straf nie by die misdaad gepas het nie," nie waar nie? Om die Skrifgedeelte behoorlik te ontleed, is dit belangrik om na die vorige hoofstuk terug te gaan. 



Teen die einde van Handelinge 4, sien ons 'n hegte band tussen al die gelowiges. Ons lees in Handelinge 4:32: "Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel." God se Gees het so magtig in elke gelowige gewerk, ook in Petrus en Johannes, dat niemand in nood verkeer het nie. 'n Deel van die rede dat in hulle behoeftes voorsien is, is as gevolg van dit wat ons in vers 34 lees: 



"Nie een van hulle het gebrek gely nie, want dié wat grond of huise besit het, het dit verkoop en die verkoopprys daarvan gebring en vir die apostels gegee. Dié het dit dan uitgedeel volgens elkeen se behoefte (Handelinge 4:34).



Wanneer ons aan die einde van Handelinge 4 en die beskrywing van die gelowiges dink, het Ananias en Saffira nie ingepas nie, het hulle? Daar was so 'n reinheid in hierdie groep gelowiges. Hulle was "een hart en siel," niemand was selfsugtig nie en in almal se behoeftes is voorsien. Dit was 'n pragtige gemeenskap van mense wat saamgeleef het. Ananias en Saffira het vals voorgekom in vergelyking met die opregte harte van hierdie onselfsugtige mense. Miskien wou hulle soos die ander gewees het, maar toe hulle die geld in die hande gekry het, kon hulle net nie. Hulle het dus 'n leuen vertel om onverdiende eer te verkry. In hierdie leuen het dit voorgekom asof hulle meer vrygewig was as wat werklik die geval was. 



Ongeag hoe moeilik hierdie Skrifgedeelte lees, mag ons steeds probeer om Skrifgedeeltes te verstaan wat nie altyd sin maak nie. Kom ons vertrou net in ons hoër-denkende God en berus in die feit dat Hy ten volle in beheer is. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Bible Said What?

As jy al ooit vrae oor die Bybel gehad het, is jy in goeie geselskap! Ons was al almal daar. Soms kan dele van die Bybel regtig verwarrend wees. In hierdie leesplan sal ons sommige Skrifgedeeltes bespreek wat moeilik kan...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid