Leesplan inligting

Die Bybel Het Wát Gesê?Voorbeeld

The Bible Said What?

DAG 1 VAN 5

Om Dinge Uit Te Pluis



Waaroor gaan hierdie leesplan? Ons het al almal vrae oor die Bybel gehad — jy is nie die enigste nie!  Dit maak sin, nie waar nie? Ons is beperkte mense wat 'n onbeperkte God sonder grense probeer verstaan. 



Ons mag dalk nie elke woord in die Bybel ten volle begryp nie, maar ons kan dít vermeerder wat ons reeds verstaan. Ons sal baie Skrifgedeeltes in die Bybel teëkom wat ons sal laat wonder en selfs sal laat twyfel. Wanneer dít gebeur, kan ons ons twyfel na God toe neem. Kom ons probeer om meer van ons wonderlike God te verstaan. Hier is 'n paar dinge om te oorweeg wanneer ons dit doen:



Konteks

Ons moet die hele verhaal van die Bybel oorweeg. Dit beteken dat ons die verse in die Bybel as 'n geheel moet verstaan. Om hier en daar 'n vers te soek wat saamstem met wat ons glo of wil bewys, is nie die regte manier nie. Daar is ook dinge wat binne konteks oorweeg moet word. Dit is, byvoorbeeld, wys om die historiese en kulturele konteks te oorweeg, want dit gee ons bykomende, belangrike insig. Kom ons hou die groot liefde van ons God, die voortdurende tema van die mensdom se verlossing, en die ernstige behoefte aan 'n Verlosser, op die voorgrond van ons gedagtes terwyl ons die Woord van God bestudeer. 



Kommentare

'n Bybelse kommentaar of uitlegging bevat 'n ontleding en verduideliking van verskillende Bybelboeke. Daar is geleerdes en teoloë wat toegerus is om die Bybel op 'n ander vlak as die gemiddelde Christen te ontleed. Oorweeg dit om te kyk na wat hierdie skrywers te sê het. Moenie net een kies nie — oorweeg 'n verskeidenheid van kommentare, sodat jy 'n gebalanseerde oorsig kan kry van die spesifieke boek of Skrifgedeelte wat jy bestudeer. 



Selfs wanneer ons die konteks van die Skrif begryp en insig van kommentare gekry het, sal ons nooit werklik en ten volle alles in die Woord van God verstaan nie. Dit was nooit die bedoeling dat ons alles moet begryp nie, want as ons het, sou ons nie "volkome op die Here vertrou het nie", want ons sou "op ons eie insigte staatgemaak het" (Spreuke 3:5-6). Tog kan ons altyd groei en leer en die God-geademde Bybel toelaat om te doen wat dit veronderstel is om in ons lewens te doen — onderrig, bestraf, regmaak, en ons oplei tot geregtigheid. 



Word 'n student, begeer begrip, soek wysheid van godvrugtige mense, en vertrou dat selfs wanneer jy nie alles begryp nie, die belangrikste ding wat jy uit die hele Bybel kan kry, is die feit dat jy God ken. In die res van hierdie leesplan sal ons saam deur 'n paar verwarrende Skrifgedeeltes gaan.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Bible Said What?

As jy al ooit vrae oor die Bybel gehad het, is jy in goeie geselskap! Ons was al almal daar. Soms kan dele van die Bybel regtig verwarrend wees. In hierdie leesplan sal ons sommige Skrifgedeeltes bespreek wat moeilik kan...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid